DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN TOERISMETAK MARIENE-EN KUSBESTUUR
KONSEP ALGEMENE BELEID VIR DIE TOEKENNING EN BESTUUR VANLANGTERMYN KOMMERSIëLE VISVANGREGTE: 2005
Belangrike nota: Groep C-en Groep D-aansoekers word adviseer dat hoewel dit belangrik is om hierdie Algemene Beleid vir die Toekenning en Bestuur van Langtermyn Kommersiële Visvangr 2004 te lees, is dit nie nodig dat hulle elke bladsy van hierdie Algemene Beleid lees nie Departement moedig egter Groep C-en Groep D-aansoekers aan om Deel B van die Algemene Beleid te lees.
Let verder daarop dat hierdie beleid nie regstreeks van toepassing is op die trasionele lynvissektor nie. Verder word aansoekers vir regte in die Handlyn-stokvis; Weskus-kreef (kuslyn); Oester-en Witmossel-sektore aangeraai om op vissery-spesifieke beleid te fokus vir die beleidsoorwegings van toepassing op toekenning van regte in daardie sektore. Dit is noodsaaklik dat aansoekers die vissery-spesifieke beleid bestudeer voordat hulle aansoek doen.
INHOUDSOPGAWE
PART A: INLEIDING EN AGTERGROND ... 5
Inleiding ... 5
Toepassing ... 6
Oogmerk en doelwitte ... 6
Waarop berus hierdie beleid? ... 7
Internasionale verpligtings oor volhoubare gebruik van hulpbronne ... 7
Die wetgewende raamwerk vir die toekenning van kommersiële visvangregte ... 9
Delegasie van bevoegdhede ... 10
Kernfunksies wat regtetoekenning ondersteun ... 11
Navorsing oor visvangbedrywe ... 11
Bestuur van die visvangbedrywe ... 12
Vissery-en kuswetsgehoorsaamheid ... 13
Toegang tot inligting ... 13
PART B: METODE EN PROSES VAN TOEKENNING ... 14
Die toekenning van visvangregte ... 14
Die regsaard van die visvangreg ... 14
Kernoorwegings vir toekenning en bestuur ... 15
Die toekenningsproses ... 16
Openbare deelname aan beleidsformulering ... 16
Toekenningsproses per Groep bepaal ... 16
Spesifieke prosesse vir Groep A ... 20
Spesifieke prosesse vir Groep B ... 25
Spesifieke prosesse vir Groep C ... 29
Spesifieke prosesse vir Groep D ... 35
Besluitneming ... 39
Kriteria wat gebruik word vir besluitneming ... 39
PART C: DWARSSNYDENDE BELEIDSOORWEGINGS VIR TOEKENNING VAN REGTE EN KWANTUM ... 42
Beleidsoorwegings ... 42
Beleidsoorwegings vir die toekenning van regte ... 42
Tydsduur van regte en voorwaardelike regtetoekenning ... 42
Vorm van regtehouer ... 42
Transformasie ... 43
Multi-sektorale betrokkenheid ... 47
Konsolidasie ... 47
Nuwe inkomelinge ... 48
Prestasie ... 49
Papierkwota's ... 51
Waardetoevoeging en ondernemingsontwikkeling ... 52
Werkskepping ... 52
Plaaslike ekonomiese ontwikkeling en geografiese regverdigheid ... 53
Vaartuie en visvangpogings ... 54
Veilligheid van personeel en bemanning ... 55
Omgewingsvolhoubare praktyke ... 56
Aas-visserye ... 57
Dwarssnydende beleid aangaande kwantumtoekenning ... 57
Groepe A en B ... 57
Groepe C en D ... 58
Ondernemingsontwikkeling ... 58
PART D: OORWEGINGS NA TOEKENNINGS ... 59
Gesamentlike bestuur van kommersiële visvangbedrywe en Bydryfsliggame van die Visvangsektore ... 59
Heffings en kosteherwinning ... 60
Waarnemerprogram ... 61
Gebruik van voertuie in die kussone ... 62
Mariene beskermde gebiede en visserybestuursgebiede ... 63
Mariene beskermde gebiede ... 63
Visserybestuursgebiede ... 63
Wetsnakoming en kennisgewings ingevolge artikel 28 ... 63
DEEL A: INLEIDING EN AGTERGROND
Inleiding
Hierdie konsep Algemene Beleid aangaande die Toekenning en Bestuur van langtermyn kommersiële visvangregte word deur die Departement van Omgewingsake en Toerisme: Tak Mariene-en Kusbestuur ("die Departement") uitgereik.
Na hierdie beleid sal verwys word as die "Algemene Beleid" en dit moet saamgelees word met die beleidskrifte waarna verwys sal word as die "Vissery-spesifieke beleid of Sektor-spesifieke beleid" wat vir elke kommersiële en eksperimentele visvangsektor aangeneem word. In die Algemene Beleid word 'n aantal kwessies hanteer wat betrekking het op al die visvangsektore wat gelys is. Hierdie dwarssnydende beleidsaspekte, onderrig ook die inhoud van die Vissery-spesifieke beleid wat die Departement se spesifieke voornemens ten opsigte van die toekenning van regte in elke vissery uiteensit. Potensiële aansoekers en belanghebbende partye word streng aangeraai om hierdie Algemene Beleid saam met die toepaslike Vissery-spesifieke beleid te lees.
Die Departement is verantwoordelik vir die bestuur en die toekenning van visvangregte oor 'n breë spektrum van kommersiële visserye wat strek van hoogs kapitaal-intensiewe kommersiële visserye soos die Diepsee Stokvis-treilvissery en Suidkus-kreef, tot meer tradisionele sektore van die bedryf soos die netvisvangbedryf. Insethouers in die onderskeie visvangbedrywe kom uit verskillende agtergronde en die Departement begryp dat dit nie gepas is, om almal op dieselfde manier te hanteer nie. Meer spesifiek, deelnemers in die tradisionele sektore mag dit makliker vind om op die beleid wat slegs van toepassing is op hulle sektor, kommentaar te lewer. Die proses vir openbare deelname en die toepaslike Vissery-spesifiek beleidskrifte is ontwerp om hierdie aangeleentheid aan te spreek. In die meer tradisionele sektore sal die Departement probeer om kommentaar van insethouers in te win, hoofsaaklik deur middel van openbare vergadering, waar die fokus sal wees op 'n bespreking van die betrokke Vissery-spesifieke beleid. Spesiale pogings is aangewend om te verseker dat die Departement se voornemens duidelik in hierdie beleidskrifte verduidelik word, in 'n maklike en toeganklike taalstyl.
Verder sal die Departement probeer om aan die publiek, "Visvangsbestuurshandboeke" beskikbaar stel wat die "Sektorale bestuursplanne" bevat en wat bestuursprosedures en gedetaileerde operasionele bestuursplanne vir elke visvangbedryf verduidelik.
Lede van die publiek en insethouers word uitgenooi om oor hierdie Algemene beleid en die Vissery-spesifieke beleidsdokumente kommentaar te lewer. Hierdie beleidskrifte mag verander, nadat die Departement se beamptes die kommentaar oorweeg het. Finale beleidskrifte sal aanvaar word slegs nadat die openbare oorlegplegingsproses afgehandel is.
Toepassing
Hierdie dokument bevat algemene beleidsoorwegings, van toepassing op die toekenning van langtermyn regtein die volgende visvangbedrywe: Diepsee stokvis-treilvissery, Aanlandige Stokvis-treilvissery, Marsbankers,Klein pelagies, Patagoniese tandvis, Suidkus-kreef, KwaZulu-Natalse steurgarnaal-treilvissery, Stokvis-langlyn, Weskus-kreef, Inkvis, Tuna-handlyn, Seewiere, Bodem-Haaie, Handlyn-stokvis, Weskus-kreef(aanlandig),Oesters, Witmossels en Netvis. Dit dek altesaam 187 kommersiële visvangsektore ("visserye").
Die Algemene beleid is nie van toepassing nie op - Tradisionele Lynvis: 'n Aparte beleid sal aangeneem word wat spesifiek oor tradisionele lynvis sal handel; Bestaansvisserye: 'n Aparte beleid sal aangeneem word, wat spesifiek oor die bestaansvisserye sal handel en wat die bestaansvisserye van Ooskus-kreef en Perlemoen in die Oos-Kaap sal insluit;
Ontspanningsvisvang: 'n Aparte beleid sal aangeneem word wat spesifiek oor visvang as ontspanning sal handel;
Visvang deur buitelanders;
Visprosesseringsondernemings: 'n Aparte beleid sal aangeneem word wat spesifiek oor visprosesseringsondernemings sal handel;
Marikultuur: 'n Aparte beleid sal aangeneem word wat spesifiek oor die regulering en die bestuur van marikultuur in Suid-Afrika sal handel;
Nie-verbruikende mariene bedrywighede, insluitende boot-gebaseerde setasese (insluitende walvisse) besigtiging, haaihok-duik, sportduik en SCUBA-duik. Aparte beleidskrifte sal aangeneem word wat spesifiek oor hierdie nie-verbruikende mariene bedrywighede sal handel.
Oogmerk en doelwitte
Die doel van die Algemene Beleid saamgelees, met die Vissery-spesifieke beleidskrifte is om as riglyne te dien vir die proses van langtermyn regtetoekenning. Die Algemene Beleid beskryf verder die kernfunksies van die Departement, wat regstreeks die proses van regtetoekenning ondersteun.
Die Departement beskou dit ook as noodsaaklik, ten bate van aansoekers, om die bestuursdoelwitte vir die onmiddellike toekoms uit te spel, hoewel hierdie natuurlik later deur die Departement verander mag word, indien dit wenslik of noodsaaklik geag word.
Waarop berus hierdie beleid?
Die Algemene en Vissery-spesifieke beleidsdokumente word onderrig deur Suid-Afrika se internasionale regsverpligtinge, nie-bindende ondernemings op internasionale en streeksvlak, en die wetgewende raamwerk vir die toekenning van visvangregte.
Internasionale verpligtings in verband met die gebruik van volhoubare hulpbronne
Gedurende die Wêreldspitsberaad oor Volhoubare Ontwikkeling (WBVO) wat gedurende September 2002 in Johannesburg gehou is, het lande onderneem om visvoorraad in stand te hou, of te herstel tot vlakke wat die maksimum volhoubare opbrengs kan lewer. Die doel moet dringend bereik word vir uitgeputte voorrade en indien moontlik, teen nie later nie as 2015 nie. Lande het ook onderneem om nasionale aksieplanne te ontwikkel en in werking te stel. Die WBVO het die behoefte geïdentifiseer om produktiwiteit en biodiversiteit van belangrike en kwesbare mariene en kusgebiede binne en buite nasionale jurisdiksies in stand te hou. Die doel is om die ekostelsel te beskerm, deur 'n benadering te gebruik wat verwoestende visvangpraktyke elimineer, mariene beskermde gebiede vestig en die stel van en toesig oor tyd-en gebiedsluitings om broeigronde gedurende broeitydperke te beskerm. Ingevolge die Reykjavik Declaration van 2001 en die Johannesburg Plan van Implementering wat uit die WBVO spruit, is Suid-Afrika inderdaad verbind tot die instel van 'n Ekostelselbenadering tot die bestuur van Visserye (EAF) teen 2010.
Die Voedsel-en Landbou-organisasie se 1995-kode van Verantwoordelike Visvangbedrywe is 'n vrywillige instrument wat erken dat visserye, insluitende akwakultuur, 'n belangrike bron van voedsel, werksgeleenthede, ontspanning, handel en ekonomiese welsyn vir mense dwarsdeur die wêreld verskaf en dus op verantwoordelike wyse bedryf moet word. Die Kode stel beginsels en internasionale standaarde van gedrag vir verantwoordelike praktyke met die oog op doeltreffende bewaring, bestuur en ontwikkeling van lewende waterhulpbronne met die nodige respek vir die ekostelsel en biodiversiteit. Die Kode erken die voedings-, ekonomiese, maatskaplike, omgewings-en kulturele belang van visvangbedrywe. Die Kode het ook gelei tot vier Internasionale Aksieplanne (IAPs). Hierdie IAps is die IAP van Kapasiteit, die IAP om onwettige, ongerapporteerde en ongereguleerde (OOO) visvangbedrywighede te voorkom, af te skrik en te elimineer; die IAP om haai-byvangste te verminder en die IAP om die toevallige byvangs van seevoëls te verminder. As 'n staatsparty het Suid-Afrika onderneem, en is verbind tot die toepassing van die Kode, asook die vier IAPs en om dit uit te voer, indien nodig, deur middel van 'n Nasionale Plan van Aksie, soos gedoen is toe NPA aangeneem is om toevallige byvangste van seevoëls en sekere haai-spesies te verminder.
In 'n poging om die IAP te implementeer wat gerig is op die voorkoming, afskrikking en eliminasie van OOO -visvangdrywighede sal monitering en beheer van visvangvaartuie versterk word.
Die Verenigde Nasies se Konvensie oor Seereg, 1982 ("VNKS") probeer 'n regsorde vir die wêreld se seë en oseane daarstel om kommunikasie in internasionale waters te vergemaklik. Dit bevorder ook die vreedsame gebruik van die wêreld se seë en oseane, die billike en doeltreffende gebruik van mariene hulpbronne, die bewaring van mariene lewende hulpbronne en die bestudering, beskerming en bewaring van die mariene omgewing.
Die Verenigde Nasies se Ooreenkom oor Visvoorraad, 1995 vul die VNKS aan deur te spesifiseer hoe gedeelde visvoorrade (soos stokvis) en hoogs migrerende visvoorrade (soos tuna) ontgin en bestuur behoort te word.
As 'n lid van die Suidelike Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, (SAOG) en veral as ondertekenaar van die SAOG-protokol oor visserye, is Suid-Afrika verplig om die volhoubare gebruik van gedeelde visvoorrade met die SOAG-buurlande te verseker. Hierdie gedeelde voorrade sluit stokvis, diepseevis, steurgarnale, lynvis en marsbankers in.
Die wetgewende raamwerk vir die toekenning van kommersiële visvangregte
Die transformasie van die visvangbedryf word grondwetlik en geregtelik vereis. Transformasie is dus nie 'n aangeleenthied van politieke keuse of beleidskeuse nie. Die vernaamste voertuig om transformasie in die Suid-Afrikaanse visvangbedryf te bevorder, is die Wet op Mariene Lewende Hulpbronne, 18 van 1998 (die "WMLH"). Die doel van die WMLH is onder andere om voorsiening te maak vir die ordelike ontginning van mariene lewende hulpbronne en vir hierdie doelwit voorsiening te maak vir die uitoefening van beheer oor mariene lewende hulpbronne, op 'n redelike en billike wyse, tot voordeel van al die burgers van Suid-Afrika. Ingevolge artikel 2 van die WMLH, moet die Minister en enige staatsorgaan 'n aantal doelwitte en beginsels in aanmerking neem by die uitoefening van enige mag ingevolge die Wet. Hulle is:
a Die noodsaak om optimale benutting van ekologies volhoubare ontwikkeling van lewende mariene hulpbronne te bereik;
b die noodsaak om lewende mariene hulpbronne vir sowel die huidige as toekomstige geslagte te bewaar;
c die behoefte om voorkomende benaderings ten opsigte van die bestuur en ontwikkeling van lewende mariene hulpbronne te handhaaf;
d die behoefte om lewende mariene hulpbronne te benut vir die bereiking van ekonomiese groei, menslike hulpbronontwikkeling, uitbreiding van vermoëns in vissery-en marikultuurvertakkings, werkskepping en 'n gesonde ekologiese balans, in ooreenstemming met die ontwikkelingsdoelstellings van die nasionale regering;
e die behoefte om die ekosisteem in geheel te beskerm, met inbegrip van spesies wat nie vir ontginning bestem is nie;
f die behoefte aan die behoud van mariene biodiversiteit;
g die behoefte om mariene besoedeling tot 'n minimum te beperk;
h die behoefte om, vir sover prakties haalbaar, uitgebreide en toerekenbare deelname aan die besluitnemingsprosesse waarvoor hierdie Wet voorsiening maak, te bereik;
i enige tersaaklike verpligting van die nasionale regering of die Republiek ingevolge 'n toepaslike internasionale ooreenkoms of reël van die volkereg; en j die behoefte om die visnywerheid te herstruktureer om historiese ongelykhede aan te spreek en om gelykheid binne alle vertakkings van die visnywerheid te bewerkstellig.
Die regtetoekenningsproses was tot dusver die hoofmeganisme wat die regering gebruik om die transformasieproses te bevorder, en is ook gebruik om die ander beginsels en doelwitte, soos uiteengesit in
artikel 2 van die WMLH, uit te voer. Ten einde die hulpbron kommersieel te ontgin, moet 'n persoon of entiteit aansoek doen om 'n reg wat toegeken word ingevolge die WMLH. Artikel 18 bepaal as volg:
Geen persoon mag kommersiële visvangs of bestaansgrondslagvisvangs onderneem, marikultuur beoefen of 'n visverwerkingsaanleg bedryf nie, tensy 'n reg om so 'n bedrywigheid te onderneem, te beoefen of te bedryf deur die Minister aan so 'n persoon toegestaan is.
Om 'n reg uit te oefen wat ingevolge artikel 18 toegeken is moet daar 'n permit toegeken word aan 'n persoon ingevolge artikel 13 van die WMLH wat bepaal:
Geen persoon mag enige reg toegestaan ingevolge artikel 18 uitoefen of enige ander bedrywigheid ingevolge hierdie Wet verrig nie tensy die Minister aan so 'n persoon 'n permit uitgereik het om daardie reg of bedrywigheid uit te oefen of te verrig.
Behalwe die Grondwet en die WMLH, is die Algemene Regulasies, soos uitgevaardig in AK 1111 in die Staatskoerant 19205 van 2 September 1998 (soos gewysig), van toepassing vir onder andere die aanneem van 'n prosedure vir appèlle en by die regulering van geslote seisoene en geslote gebiede, die gebruik van toerusting en die beperkinge op spesies. Die Regulasies handel verder oor die landing, vervoer, aflewering, ontvangs, prosessering en bemarking van vis en visprodukte, beheer oor wetsnakoming, die laat van voorwerpe in die see, vishawe-regulasies en oortredings en strafbepalings.
Die WMLH en die regulasies is in 'n aantal hofbesluite oor die medium-termyn regtetoekenningsproses geïnterpreteer en sommige hiervan het belangrike regspresedente gestel. Hierdie besluite is in aanmerking geneem met die ontwerp van die langtermyn regtetoekenningproses.
Die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, 107 van 1998 (WNOB) bied die raamwerk vir die aanvaarding van omgewingsbestuur en -beleid. Indien die optrede van 'n staatsinstansie die omgewing aansienlik beïnvloed is die beginsels wat in artikel 2 van WNOB uiteen gesit word van toepassing.
Departementele funksies en Delegasies
Delegasie van bevoegdhede
Die WMLH ken magte toe aan die Minister van Omgewingsake en Toerisme (die Minister) en op die Direkteur-Generaal (die DG). Die Minister en die DG het egter heelwat van hullebevoegdhede gedelegeer aan beamptes in die Departement, insluitende die magte ingevolge artikel 13 (toekenning van permitte), artikel 18 (toekenning van kommersiële visvangregte), artikel 28 (kansellering, intrekking of opskorting van visvangregte/ permitte), artikel 81 (toestaan en kansellering van vrystellings) en artikel 83 (die toelaat van eksperimentering en wetenskaplike ondersoeke).
Kernfunksies van die Departement wat regtetoekenning ondersteun
Navorsing in Visvangbedrywe
Hierdie funksie word deur die Hoofdirektoraat: Navorsing, Antarktika en Eilande uitgevoer. Die hoofdoel van wetenskaplike navorsing is om die ekologiese volhoubare gebruik van visvoorrade te verseker en om mariene ekostelsels te bewaar, met inbegrip van spesies wat nie vir ontginning geteiken word nie, soos robbe en seevoëls.
By uitoefening van wetenskaplike navorsing onderskryf die Hoofdirektoraat Beginsel 15 van die Rio Declaration van die Verenigde Nasies se Conference on Environment and Development (Rio de Janeiro, 1992) wat verklaar dat: "Ten einde die omgewing te bewaar moet die State die voorsorgbenadering breedvoerig volgens hulle vermoë toepas. Waar daar ernstige of onomkeerbare skade dreig, sal die gebrek aan volledige wetenskaplike sekerheid nie as rede aangevoer word waarom koste-doeltreffende maatreëls uitgestel word om degradasie van die omgewing te voorkom nie".
n Voorsorgbenadering tot alle visserye, ongeag die jurisdiksionele aard, word ondersteun. Die meeste probleme kom voor, as gevolg van 'n gebrek aan sorgsaamheid in bestuursregimes wanneer hoë vlakke onsekerheid voorkom. Aangesien onsekerheid al die elemente van die visvangsisteem in verskillende mates beïnvloed, is 'n mate van voorsorg op alle vlakke van die stelsel nodig, insluitende navorsing..
Wetenskaplike navorsing is daarop gemik om die dinamika van visvoorrade te verstaan en onderrig die totale toelaatbare vangs (TTV) of die totale ontplooide vangspoging (TOV) of 'n kombinasie daarvan, wat weer bepaal word ingevolge artikel 14 van die WMLH. Die wetenskaplike werksgroepe is verantwoordelik vir die vertolking van voorraadontleding, wat op die verskillende visvoorrade uitgevoer word en hierdie vertolking verskaf inligting wat uiteindelik die bepaling van die TTV/TOV realiseer. Wetenskaplike navorsing onderrig verder die aanwysing van mariene beskermde gebiede, die vastelling van bestuursgebiede vir visserye, die bepaling van geslote gebiede, geslote seisoene, verbode visvangtye, die minimum grootte van spesies, vaartuig-en toerustingbeperking en visvangmetodes, insluitende voorkomingsmaatreëls vir byvangste. Wetenskaplike navorsing word ook gedoen om te help om nuwe visserye in lyn met die Departement se Beleid vir Nuwe Visserye te ontwikkel.
Wetenskaplike werksgroepe funksioneer tans ten opsigte van elke visvangsektor. Elke werksgroep bestaan uit departementele wetenskaplikes asook eskterne deskundiges van van ander mariene-wetenskaplike inrigtings soos hoër onderwys instansies.
Die meeste sektore word wetenskaplik bestuur ingevolge 'n Operasionele Bestuursprosedure (OBP). Ander word bestuur deur middel van jaarlikse bepalings.
Bestuur van Visserye
Die Hoofdirektoraat: Visserye-en Kusbestuur het twee primêre funksies. Eerstens is die funksie om die volhoubare en billike ontwikkeling, asook die gebruik van mariene lewende hulpbronne deur die administrasie van visvangregte, permitte, vrystellings en lisensies, te fasiliteer en te reguleer. Ten tweede is die funksie om die volhoubare gebruik van Suid-Afrika se kushulpbronne te optimaliseer, deur die mens se impak op die omgewing te beheer (behalwe kommersiële vissery) soos ontwikkeling aan die kus, bestaansvisvang, ontspanningsvisvang, mariene besoedeling en mariene ekotoerisme. Om hierdie funksies te verrig, word die Hoofdirektoraat deur spesialiste in die ekonomie en bestuur van visserye, olie-en mariene besoedelingsbestuur en kussonebestuur bygestaan.
Vissery-en kuswetsgehoorsaamheid
Hierdie funksie word verrig deur die Hoofdirektoraat: Vissery-en kuswetsgehoorsaamheid. Die Departement het tans visvangbeheerbeamptes in diens wat verantwoordelik is om te verseker dat alle visvangste op 'n gereguleerde en wettige wyse plaasvind en dat al die vis wat aan land gebring word behoorlik aangeteken word.
Ten einde te verseker dat voldoen word aan visvangwetgewing, gebruik die Hoofdirektoraat 'n aantal werkwyses wat daarop gemik is om nie net wetsnakoming af te dwing nie, maar ook om wetsnakoming aan te moedig. Werkswyses sluit in:
Heel moderne diepsee-en kuslynvaartuie om die omgewing te patroleer;
Gespesialiseerde omgewingshowe;
Waarnemerprogramme;
Mariene beskermde gebiede;
Vaartuigmoniteringstelsels;
Openbare opvoedkundige programme;
Ere-beheerbeamptes vir die visvangbedryf;
Strategiese wetsnakomingsvennootskappe met nie-regeringsorganisasies, plaaslike regering, bewaringsliggame en ander toepaslike staatsorgane.
Toegang tot inligting
Die Departement se aangewese inligtingsbeamptes is - die Hoofdirekteur: Navorsing, Antartika en Eilande, die Hoofdirekteur: Visserye-en Kusbestuur en die Hoofdirekteur: Vissery-en kuswetsgehoorsaamheid..
Groot volumes inligting oor vorige regtetoekennings, soos beleidsdokumente, rekords van besluite, algemene gepubliseerde redes en ander rekords soos wetsnakomingsdatabasisse, TTVs en TOVs is by die Departement, die visvangbeheerkantore of op die Departement se webblad (www.mcm-deat.org.za) beskikbaar. Lede van die publiek word ook aangemoedig om:
Kaapstad te besoek; of 
'n Visserybeampte te besoek by een van ons visserybeheerkantore langs die kus vir besonderhede van u naaste kantoor skakel die Kliëntesorglyn
Die meeste rekords sal informeel beskikbaar gestel word. Dit beteken dat vorms oor die toegang tot inligting oor die algemeen nie ingevul hoef te word nie. Afskrifte sal teen die vasgestelde fooi verskaf word.
Die Departement sal verg dat net die vorms wat voorgeskryf is ingevolge die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2 van 2000 (WBTI) ingevul word, en sal versoeke slegs oorweeg ingevolge hierdie wet, waar toegang tot die rekords van derde partye (soos hulle voltooide aansoekvorms) aangevra word. Aansoekers kan toegang tot hulle eie aansoeke kry en tot alle rekords in verband met daardie evaluering, sonder om 'n formele versoek ingevolge die Wet te rig.
DEEL B: METODE EN PROSES VAN TOEKENNING
Toekenning van visvangregte
Die regsaard van die visvangreg
Voordat WMLH in 1998 in werking getree het het die Departement "visvangkwota's" ingevolge die Wet op Seevisserye, 12 van 1988 toegeken. Artikel 18 van die WMLH maak nou voorsiening vir die toekenning van "visvangregte". Die regsaard van die "reg" wat ingevolge die WMLH toegeken word is soortgelyk aan die "kwota" wat ingevolge die Wet op Seevisserye toegeken is. Die "regte" wat ingevolge die WMLH toegeken word is nie eiendomsregte nie en behoort slegs verstaan te word as 'n statutêre vergunning om vir 'n bepaalde tydperk vis te vang.
Gevolglik geld kansellasie of intrekking van die reg, nie as onteiening binne die betekenis van artikel 25 van die Grondwet of die Onteieningswet, 63 van 1975 nie. Daar word ook in artikel 18 van die WMLH bepaal dat 'n visvangreg geldig is vir die tydperk wat die Minister (of sy gemagtigde) bepaal, waarna dit outomaties terugval na die staat en weer ingevolge die toepaslike bepalings van die WMLH toegeken mag word.
n Visvangreg behoort aan die regtehouer in sy of haar persoonlike hoedanigheid en dit mag nie oorgedra word, sonder die toestemming van die verantwoordelike beamptes nie. Die Departement aanvaar dat by die dood, sekwestrasie of likwidasie van die regtehouer die reg berus by onderskeidelik die eksekuteur, trustee of likwidateur en dat die reg verder ontgin mag word vir die tydperk toegelaat deur die toepaslike wetlike bepalings. Enige oordrag van die visvangreg na 'n derde party, benodig die goedkeuring van die Departement..
Kernoorwegings vir toekenning en bestuur
Hierdie Algemene Beleid asook die Vissery-spesifieke beleidsdokumente, word gebaseer op kernbeginsels wat die toekenning en bestuur van kommersiële visvangregte lei. Hierdie beginsels komplimenteer die doelwitte, gelys in artikel 2 van die WMLH en bring hulle ten uitvoere. Hulle is:
Transformasie: Die vlak van transformasie in die vissery en die noodsaaklikheid om historiese wanbalanse aan te spreek om billikheid binne alle sektore van die visvangbedryf te verkry.
Biologiese oorwegings: Die impak op die teikenspesies moet in aanmerking geneem word. Dit word hoofsaaklik gedoen deur 'n Totale Toelaatbare Vangs (TTV) of 'n Totale Ontplooide Vangspoging (TOV) of albei vas te stel.
Ekologiese oorwegings: Die impak op die mariene ekosisteem waarin die teikenspesies voorkom moet in aanmerking geneem word.
Nywerheid en sosio-ekonomiese en kommersiële oorwegings: Sover dit prakties moontlik is, word die sosio-ekonomiese uitwerking van toekenning op daardie individue en gemeenskappe wat van die teikenspesies afhanklik is, in aanmerking geneem, insluitende regtehouers, werkers, prosesseerders, bemarkers en verbruikers. Hierdie oorwegings sluit in visvangkapasiteit, die kapitaalintensiteit van die bedryf en die vermoë van deelnemers in die vissery om op plaaslike en internasionale markte mee te ding.
Aansoeker se prestasie of potensiaal om te presteer: Waar moontlik word finansiële en visvangprestasie asook nakoming van die WMLH, die regulasies en permitvoorwaardes in ag geneem. Die aard en waarde van die beleggings in die vissery deur huidige deelnemers, word evalueer. Waar moontlik kom die vermoë of potensiaal om te presteer in aanmerking.
Die toekenningsproses
Openbare deelname aan beleidsformulering
Die Minister van Omgewingsake en Toerisme het 6 Izimbizo's in kusgemeenskappe gehou gedurende die tweede helfte van 2004. Hierdie vergaderings was die informele begin van 'n proses om die publiek te raadpleeg oor die toekenning van langtermyn visvangregte.
Die formele proses van openbare konsultasie sal uit die volgende bestaan. Behalwe hierdie Algemene Beleid sal die Departement 'n Vissery-spesifieke beleid per sektor publiseer. Die algemene publiek en veral insethouers, sal genooi word om kommentaar oor hierdie beleidsdokumente te lewer, voordat hulle finaal aanvaar word. Konsultasieprosesse sal ontwerp word, om te verseker dat vissers en vissersgemeenskappe in die besonder, in staat sal wees om kommentaar te lewer oor beleidsdokumente wat hulle raak. In alle gevalle word die konsepbeleid op die Departement se amptelike departementele webblad gepubliseer en skriftelike en elektroniese kommentaar kan ingedien word. Verder sal die Departement die beleid in die Staatskoerant publiseer en skritelike kommentaar aanvra. Die Departement mag openbare vergaderings hou waar mondelinge insette en skriftelike kommentaar gevra sal word.
Die Departement sal alle kommentaar ontvang, oorweeg en waar nodig, beleidsdokumente hersien in die lig van die kommentaar. Die finale beleidsdokumente sal in die Staatskoerant en op die Departement se webblad gepubliseer word. Hierdie beleidsdokumente sal die basis uiteensit waarvolgens langtermyn regte in elk van die sektore toegeken sal word. Die betrokke beleidsdokumente sal ook versprei word, tesame met die aansoekvorms wat in die proses van regtetoekenning gebruik gaan word. Wanneer regte toegeken word, sal aanvaar word dat die aansoekers bewus is van die Algemene Beleid en die toepaslike Vissery-spesifieke beleid.
Toekenningsproses per Groep bepaal
In die langtermyn regtetoekenningproses sal die 18 visvangsektore in vier groepe verdeel word, met vier verskillende stelle prosedures wat toegepas word by oorweging van aansoeke om visvangregte. Die doel van die groepering van die visserye is slegs vir prosesdoeleindes. Verskillende kriteria kan aangewend word gedurende die toekenningsproses ten opsigte van sektore wat binne dieselfde groep val. Die Groepe is:
Groep A Groep C
Groep C Groep D
Weskus-kreef kuslyn; treknet;
Oesters
Witmossels;
Elke proses behalwe die volgende drie kwessies, sal per Groep bespreek word.
Kommunikasieprosesse
Beamptes van die Departement sal nie individueel met potensiële aansoekers, hulle verteenwoordigers of adviseurs konsulteer nie. Die konsultasieproses word in hierdie dokument uiteengesit. Die Departement sal met die publiek en insethouers konsulteer oor die formulering van die Algemene Beleid en die Vissery-spesifieke beleidsdokumente soos hierbo beskryf en in verband met die aansoekvorms en die prosedure soos hier onder uiteengesit. Die Departement sal die aansoekers ondersteun soos hier onder beskrywe. Die Departement sal nie op enige ander wyse met aansoekers kommunikeer nie. Aansoekers om visvangregte sal skriftelik by die Departement op 'n vasgestelde aansoekvorm aansoek moet doen en dit tesame met voorgeskrewe inligting, fooie en verwante dokumentasie op, of voor 'n bepaalde dag, ("sluitingsdag) moet indien. Appèlle moet ook skriftelik voor 'n sluitingsdag ingedien word. Geen mondelinge aansoeke of appèlle sal oorweeg word nie.
Inligting wat oorweeg sal word
Die volgende benadering sal deur die Advieskomitee en die besluitnemers en die appèlowerheid (waar van toepassing) gevolg word oor inligting wat in aanmerking geneem by evaluering van aansoeke:
Gedeeltes van die aansoekvorm nie voltooi: Waar gedeeltes van 'n bepaalde afdeling van die aansoekvorm nie voltooi is , sal veronderstel word dat daardie dele of afdeling van die vorm nie op die aansoeker van toepassing is nie. Indien die onvoltooide deel of afdeling van die vorm positiewe punte vir die antwoord het, kan geen punte verdien word sonder om dit te voltooi nie. Meer bepaald, en tensy anders aangedui op die aansoekvorm self, indien die antwoord op 'n positief-gestelde of 'n oop vraag onvoltooid gelaat word, word veronderstel dat die aansoeker die vraag negatief beantwoord het. Byvoorbeeld, indien onvoltooid gelaat, word veronderstel dat die aansoeker "nee" geantwoord het op 'n vraag soos "Was u deel van die bemanning van 'n vaartuig wat in 'n beperkte of 'n vol kommersiële visvangbedryf gewerk het?" Indien die onvoltooide deel of afdeling van die aansoekvorm negatiewe punte vir die antwoord het, mag versuim om te voltooi, tot gevolg hê dat die aansoeker negatiewe punte sal ontvang. Iin die besonder en tensy anders op die aansoekvorm aangedui, indien geeneen van die twee beskikbare opsies by 'n "ja of nee" vraag ingevul is nie, word veronderstel dat die aansoeker die vraag positief beantwoord het. Byvoorbeeld, indien oop gelaat, word veronderstel dat die aansoeker "ja" geantwoord het op 'n vraag soos "Is u al ooit op 'n oortreding van die WMLH skuldig bevind?"
Laat inligting: Inligting wat na die sluitingsdag ingedien word, sal nie in aanmerking kom nie tensy die Departement sodanige inligting van die aansoekers gevra het, as deel van die regtetoekenning-of die appèlproses.
iii Inligting van buite-bronne: Nadelige skadelike inligting oor 'n aansoeker wat van derdeparty buite-bron ontvang word, sal nie deur die Departement oorweeg word voordat sodanige aansoeker die geleentheid gegee word om vertoë oor die inligting te rig nie.
iv Gebruik van departementele databasis: Die Departement sal inligting op sy databasisse gebruik gedurende die proses van langtermyn regtetoekenning, slegs aangesien die data toeganklik is en aansoekers die geleentheid gegee is om hulle data voor sluitingsdag reg te stel.
v Indiening van vals inligting of dokumente en nie-openbaarmaking: Daar sal van aansoekers verwag word om in die teenwoordigheid van 'n kommissaris van ede te verklaar dat hulle nie vals inligting of vals dokumente ingedien het nie en dat hulle nie versuim het om wesentlike inligting te verskaf nie, tensy die WMLH gewysig word om te bepaal dat die indiening van sodanige inligting of dokumente of die nie-openbaarmaking 'n kriminele oortreding is. Behalwe dat dit 'n kriminele oortreding is, sal die indiening van vals inligting of vals dokumente of die nie-openbaarmaking van materiële inligting, 'n onafhanklike rede wees om 'n aansoek te weier. Daar sal veronderstel word dat 'n aansoeker vals inligting verstrek het, indien daar 'n wesentlike verskil is tussen die inligting wat die aansoeker verstrek en die inligting op die databasisse van die Departement of ander staatsinstansies en waar albei weergawees nie korrek kan wees nie. Verder sal veronderstel word dat 'n aansoeker vals inligting verstrek het, wanneer daar 'n wesentlike verskil is tussen die inligting wat die aansoeker in die oorspronklike aansoek verstrek ,en die inligting wat die aansoeker verskaf op appèl en waar albei weergawes nie korrek kan wees nie.
vi Afskrifte van dokumente: Alle dokumente wat deel uitmaak van 'n aansoek moet òf oorspronklike dokumente wees òf dokumente wat gesertifiseer is deur 'n kommissaris van ede as synde ware afskrifte van die oorspronklike. Dit is nie van toepassing op die indiening van 'n "afskrif" van die aansoek self waarna hierbo verwys word nie. Waar die Departement die indiening van 'n elektroniese afskrif van die aansoek verg, sal veronderstel word dat die inligting vervat in die elektroniese afskrif, dieselfde is as die inligting wat deel uitmaak van die oorspronklike aansoek. Waar die Departement 'n "harde kopie" van die hele oorspronklike aansoek verg, sal veronderstel word dat die afskrif 'n presiese weergawe van die oorspronklike aansoek is.
Toegang tot inligting
Aansoekers kan teen 'n voorgeskrewe fooi, die telkaart deur die Advieskomitee voltooi, in verband met hulle aansoek, bekom. Daar moet in gedagte gehou word dat hierdie punte nie noodwendig diesellfde is as die finale punte is wat deur die besluitnemers aan 'n aansoeker toegeken is nie. Die telkaart bevat die evaluering van die Advieskomitee wat nagegaan en deur die besluitnemers verander mag word. Dit mag wees dat die besluitnemer 'n ander "gekorrigeerde" telkaart mag opstel. Behalwe die telkaarte kan aansoekers die spreiblad met besluite nagaan, waarop die bepalings van die besluitnemer oor al die aansoeke opgesom word. Teen die voorgeskrewe fooi, mag die aansoeker 'n afskrif van die die spreiblad met besluite of bladsye daarvan aankoop.
Betreffende toegang tot die aansoekvorms en bylaes, sal die Departement nie individuele aansoeke onder WBTI oorweeg vir vrystelling van inligting vervat in die aansoekvorms en die bylaes nie. In plaas daarvan, sal die Departement van aansoekers verwag om vertroulike inligting oor die aansoeker se visvangplanne, bemarkingsplanne en finansiële status in 'n aparte lêer in te dien. Hierdie inligting sal die Departement nie aan ander aansoekers vrystel nie, tensy die Departement deur 'n hof beveel word om dit te doen. Die res van die inligting in die aansoekvorm en die bylaes kan die Departement op versoek aan 'n aansoeker vrystel ingevolge die WBTI en teen betaling van die voorgeskrewe fooi.
Bepaalde prosesse vir Groep A
Kommunikasieprosesse:
Kommunikasie vir Groep A sal deur 'n aantal formele kanale plaasvind. Daar word beplan dat in Groep A kommunikasie van beleidsvoornemens en die wyer sake oor regtetoekenning deur drie primêre meganismes sal plaasvind. Hulle is:
Elektroniese media beleidsdokumente en ander materiaal vir regtetoekenning, sal op die
Departement se amptelike webblad, www.mcm-deat.gov.za gepubliseer word en waar moontlik sal verspreidingslyste op elektroniese-pos geskep word om regstreeks met aansoekers te kommunikeer.
Staatskoerant alle beleidsdokumente, uitnodigings om aansoek te doen en algemene kennisgewings sal in die Staatskoerant gepubliseer word.
Erkende bedryfsliggame beleidsdokumente en ander materiaal oor regtetoekenning sal deur erkende nywerheidsliggame gekommunikeer word.
In verband met die hantering van aansoekers se navrae, sal vrae ter opheldering per e-pos hanteer word. Die Departement is voornemens om 'n stelsel te skep waarvolgens navrae ontvang word, binne 'n bepaalde vooraf-geadverteerde tydperk, saamgestel word en 'n stel antwoorde daarop voorberei word. Alle navrae en die antwoorde word dan elektronies aan alle geregistreerde aansoekers gestuur en sal op die Departement se amptelike webblad beskikbaar wees.
Taal
Uitnodiging om aansoek te doen om regte
Uitnodigings om aansoek te doen om regte, sal in die Staatskoerant gepubliseer word. Die Departement sal ook verseker dat kennisgewings op die Departement se webblad, in streekskoerante en by die Departement se vissery-beheerkantore geplaas word.
Uitnodigings in die Staatskoerant sal uit die volgende dele bestaan:  Die uitnodiging met duidelike instruksies
Die Vissery-spesifieke beleid of beleidsdokumente, indien die uitnodiging van toepassing is op meer as een vissery; en n Voorbeeld van 'n toepaslike aansoekvorm of vorms waar die uitnodiging op meer as een visvangbedryf van toepassing is.
Die uitnodiging sal nie hierdie Algemene Beleid insluit nie. Aansoekers sal egter op versoek, afskrifte van hierdie Algemene Beleid ontvang.
Uitnodigings sal volgens 'n vissery-groep versprei word. Die Departement sal uitnodigings vir die Groep A-visserye teen Mei/Junie 2005 uitreik.
Aansoekvorms
Elke groep van visserye en waar nodig geag, visvangsektor, sal 'n aparte aansoekvorm hê, ontwerp om slegs die betrokke inligting te verkry wat geag nodig te wees, ten einde aansoeke om kommersiële visvangregte doeltreffend te evalueer. Aansoekvorms sal ontwerp word om te alle tye die betrokke vissery-groep en betrokke vissery in aanmerking te neem.
Voorgestelde konsep-aansoekvorms sal op die Departement se webblad gepubliseer word, as deel van die openbare deelnemingsproses vir kommentaar. Kommentaar sal gedurende die vooraf-geadverteerde tydperk ontvang word en aansoekvorms kan dienooreenkomstig hersien word.
Verspreiding van aansoekvorms en wyse waarop aansoekgelde betaal kan word
In Groep A sal elektroniese aansoekvorms op CD-formaat van die Departement se hoofkantoor versprei word. Van aansoekers sal verwag word om die Departement se webblad te besoek en 'n paar biografiese besonderhede in te voer, soos naam, maatskappy se registrasienommer, kontakbesonderhede ens. Wanneer die biografiese besonderhede op die vorm ingevoer is, sal die aansoeker inligting ontvang oor hoe om aansoekgelde te betaal. Die aansoekers moet eers die aansoekgeld betaal, voordat die aansoekvorm uitgereik word. Aansoekgeld moet regstreeks in die aangewese bankrekening van die Regte Verifikasie-eenheid inbetaal word en by ontvangs van bewys van inbetaling deur die Regte Verifikasie-eenheid, word die aansoeker toegelaat om 'n aansoekvorm in CD-formaat en die toepaslike sagteware om die vorm te gebruik by die Departement se hoofkantoor af te haal.
Aansoekgelde en heffings
Die Minister, in oorleg met die Minister van Finansies, is verantwoordelik om die aansoekgelde en die heffings vir vis wat geland word, te bepaal. Die Departement bepaal aansoekgelde en heffings om die koste van toekenning van visvangregte, met inagneming van die waarde van die vis toegeken, te verhaal.
Departementele bystand en die gebruik van konsultante
Hoewel die Departement nie gekant is teen die gebruik van konsultante of prokureurs nie, sal die Departement die aansoekvorms, beleidsdokumente en alle ander dokumente ontwerp om die behoefte aan derde-party hulp te verminder.
Eie kontrole en telkaarte
Die Departement mag van aansoekers in die Groep A-visserye verwag om hul eie oudit te doen en punte aan te teken vir bepaalde komponente van hulle eie aansoekvorms (veral in verband met transformasie). Aansoekers sal moet bevestig dat die feite soos verklaar vir 'n sekere tydperk van krag sal wees. 'n Standaard kontrolevorm sal in hierdie gevalle verskaf word.
Ontvangs van aansoekvorms
Aansoekers in Groep A moet hulle aansoekvorms fisies in harde kopie en elektroniese formaat by 'n sentrale plek in Kaapstad aflewer. Alle Groep A-visserye moet hulle aansoekvorms gedurende 'n vooraf-geadverteerde twee-daagse tydperk indien. Ontvangsreëls en tye sal streng afgedwing word
Afskrifte
Die Departement sal van aansoekers in Groep A verwag om hulle aansoekvorms elektronies te voltooi en op 'n kompak-disket of "flash disk" te stoor. Aansoekers moet dan 'n harde kopie-weergawe van hulle aansoekvorm druk en dit tesame met die bylaes onderteken en sertifiseer word deur 'n kommissaris van ede. Verder sal van Groep A-aansoekers verwag word om 'n fotostatiese afdruk van die harde kopie-weergawe van hulle aansoekvorm en die bylaes te maak en om dit tesame met die oorspronklike harde kopie en elektroniese kopie in te dien.
Ontwerp van kriteria en opweging:
Inligting wat aansoekers indien sal op 'n databasis ingevoer word. Die beleidsdokumente en databasis sal gebruik word om detail kriteria en opwegings vir elke sektor te ontwikkel waarvolgens aansoeke evalueer word.
Mondelinge onderhoude, aanvra van verdere inligting en ondersoeke
Die Departement mag aansoekers in Groep A nooi om mondelinge voorleggings te doen en/of om verdere inligting te verskaf waar daar onsekerheid bestaan oor 'n wesentlike aspek in 'n aansienlike aantal aansoeke. Wanneer mondelinge onderhoude plaasvind sal regsverteenwoordigers toegelaat word om die besluitnemer tydens die onderhoud toe te spreek..
Soos hierbo genoem, mag aansoeke geweier word indien daar bewys word dat 'n aansoeker vals inligting of dokumentasie verskaf het, of versuim het om wesentlike inligting aan die lig te bring of inligting verdraai het. In die geval van twyfel mag die Regte Verifikasie-eenheid 'n saak ondersoek voordat 'n besluit geneem word. Van aansoekers sal verwag word om met die ondersoekbeamptes saam te werk deur betyds antwoorde op skriftelike versoeke ter verduideliking in te dien, deur vergaderings met hulle by te woon en deur vrae op bevredigende wyse op hierdie vergaderings te beantwoord, en waar moontlik deur ondersoekers toegang tot persele, vaartuie en dokumente waarna in die aansoek verwys word, te verleen.
Steun aan besluitnemers en die inligting wat oorweeg word
Die gedelegeerde owerheid verantwoordelik vir die besluite oor die aansoek in 'n sektor ("die besluitnemer") sal in elke sektor bygestaan word deur 'n "Advieskomitee" en professionele projekbestuurders, konsultante en regspraktisyns. Die rol van die Advieskomitees word beperk tot 'n meganiese evaluering van die aansoeke onder toesig van die besluitnemer en ooreenkomstig die kriteria en gewigte deur die besluitnemer ontwikkel. Die evaluering van die Advieskomitee sal op 'n profielvorm aangeteken word waarna verwys word as die "telkaart" en sal elektronies vasgevang word op 'n "spreiblad". Waar 'n saak nie meganies bepaal kan word nie, maar diskresie benodig word, sal die Adviekomitee dit nie hanteer nie.
Kennigewing van besluite en die redes daarvoor
Sodra regte in 'n Groep A-vissery toegeken is, sal die Departement die besluit in die elektroniese media en deur erkende bedryfsliggame publiseer. Verder sal alle aansoekers skriftelik kennis gegee word van die besluit op hulle aansoeke, en die redes daarvoor.
Onsuksesvolle aansoekers sal die volgende ontvang saam met die brief oor die besluit oor hulle aansoek:  'n Stel Algemeen Gepubliseerde Redes waarop die kriteria, die besluitnemingsproses en die kwantum-of pogings metodologie verskyn;  'n Appèlvorm wat 'n vorm is waarvan aansoekers gebruik kan maak om 'n appèl in te dien;  'n Kennisgewing van die sluitingsdatum vir die indiening van appèlle; en  'n Afskrif van die telkaart wat gebruik is om hulle aansoek te evalueer.
Suksesvolle aansoekers sal die volgende ontvang saam met die brief oor die besluit oor hulle aansoek.:
n Stel Algemeen Gepubliseerde Redes waarop die kriteria, die besluitnemingsproses en die kwantum-of pogings metodologie verskyn;
n Appèlvorm, wat 'n vorm is waarvan aansoekers gebruik kan maak om 'n appèl in te dien;
n Kennisgewing van die sluitingsdatum vir die indiening van appèlle;
n Afskrif van die telkaart wat gebruik is om hulle aansoeke te evalueer;
n stel generiese permitvoorwaardes van toepassing op hulle bepaalde visvangbedryf; en n Konsep-gedragskode wat in daardie visvangbedryf toegepas moet word.
Verder sal alle aansoekers toegang tot die volgende hê:
Die opsomming van besluite, met uiteengesette redes, die kriteria en gewigte en die rekord van die besluite, wat ter insae of te koop beskikbaar sal wees;  Telkaarte van ander aansoekers; en  Die daadwerklike besluitnemingslys van die besluitnemer.
Elke aansoeker het die reg om appèl aan te teken teen die besluit van die besluitnemer. Die appèl gaan regstreeks na die Minister. Die Algemene Gepubliseerde Redes sal aan elke aansoeker verduidelik hoe en teen watter tyd die appèl ingedien moet word.
Die Minister sal slegs inligting oorweeg wat op of saam met die appèlaansoekvorm ingedien word. Sodra 'n besluit geneem is, sal die aansoeker skriftelik van die Minister se besluit verwittig word. Redes sal net op versoek verstrek word, ingevolge artikel 5 van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, 3 van 2000.
Bepaalde proses vir Groep B
Kommunikasieproses
Kommunikasie in Groep B sal deur 'n paar formele kanale plaasvind. Daar word beplan dat in Groep B kommunikasie van beleidvoornemens en wyer sake oor regtetoekenning deur drie primêre meganismes plaasvind. Hulle is:
Elektroniese media beleidsdokumente en ander materiaal in verband met regtetoekenning sal op die Departement se amptelike webblad www.mcm-deat.gov.za gepubliseer sal word en waar moontlik sal verspreidingslyste per elektroniese-pos opgestel word om regstreeks met die aansoekers in verbinding te tree;
Staatskoerant alle beleidsdokumente, uitnodigings en algemene kennisgewings sal in die
Staatskoerant gepubliseer word;
Erkende nywerheidsliggame beleidsdokumente en ander materiaal in verband met regtetoekenning sal deur erkende nywerheidsliggame gekommunikeer word.
In verband met die hantering van aansoekers se navrae, sal vrae oor duidelikheid per e-pos in aanmerking geneem word. Die Departement is voornemens om 'n stelsel in te bring waarvolgens navrae binne 'n bepaalde vooraf-geadverteerde tydperk ontvang word, saamgestel en 'n stel antwoorde opgestel word. Alle navrae en die antwoorde daarop sal dan elektronies na al die geregistreerde aansoekers versprei word en sal op die Departement se amptelike webblad en in die Staatskoerant beskikbaar wees.
Taal
Uitnodiging om aansoek te doen om regte Uitnodigings om aansoek te doen om regte sal in die Staatskoerant gepubliseer word. Die Departement sal ook verseker dat kennisgewings op die Departement se amptelike webblad, in streekskoerante en by al die Departement se vissery-beheerkantore geplaas word
Uitnodigings wat in die Staatskoerant verskyn sal die volgende dele behels:
Die uitnodiging en duidelike instruksies oor voltooiing en indiening van aansoeke;
Die Vissery-spesifieke beleid of beleidsdokumente waar die uitnodiging op meer as een visvangbedryf van toepassing is; en
Die toepaslike aansoekvorm of -vorms waar die uitnodiging meer as een visvangbedryf van toepassing is.
Die uitnodiging sal nie die Algemene Beleid insluit nie. Aansoekers sal egter by navrae van 'n afskrif van die Algemene Beleid voorsien word.
Uitnodigings sal versprei word op grondslag van 'n vissery-groep. Die Departement sal uitnodigings vir die Groep B-visserye teen Julie 2005 rig..
Aansoekvorms
Elke groep visserye en waar nodig geag, visvangbedryf, sal 'n aparte aansoekvorm hê wat ontwerp is om slegs die inligting te verkry wat geag word betrekking te hê om aansoeke om kommersiële visvangregte doeltreffend te evalueer. Aansoekvorms sal ontwerp word met inagneming van slegs die vissery-groep en die betrokke visvangbedryf..
Konsep-aansoekvorms sal op die Departement se amptelike webblad gepubliseer word as deel van die openbare deelnemingsproses vir kommentaar. Kommentaar sal gedurende 'n vooraf-geadverteerde tydperk ontvang word en aansoekvorms kan dienooreenkomstig hersien word..
Verspreiding van aansoekvorms en die wyse waarop aansoekgelde betaal kan word
Harde-kopie-aansoekvorms sal by 'n sentrale plek in Kaapstad versprei word. Van aansoekers sal verwag word om die aansoekgelde in die voorgeskrewe bankrekening van die Regte-kontrole-eenheid te deponeer en om bewys te lewer van betaling (die oorspronklike depositostrokie / elektroniese bevestiging van betaling) by die Kaapstadse verspreidingspunt. Van aansoekers sal verwag word om 'n kort opsomming van persoonlike besonderhede by die personeellede van die verspreidingspunt in te handig, byvoorbeeld naam, maatskappy se registrasienommer, kontakbesonderhede ens. Wanneer die vorm van persoonlike besonderhede ingevul is en by bewys van deponering van die aansoekgelde, sal aansoekers 'n aansoekvorm in harde-kopie formaat ontvang.
Aansoekgelde en heffings :
Die Minister in oorleg met die Minister van Finansies is verantwoordelik om die aansoekgelde en heffings vir vis wat aan land gebring is, te bepaal. Die Departement sal aansoekgelde en heffings bepaal volgens die vlakke wat vasgestel is om die koste van die toekenning van visvangregte en met inagneming van die waarde van die vis wat toegeken is, te verhaal.
Departementele ondersteuning en die gebruik van konsultante
Hoewel die Departement nie gekant is daarteen om van konsultante of prokureurs gebruik te maak nie, sal die Departement die aansoekvorms, beleidsdokumente en alle ander dokumente sodanig ontwerp dat die gebruik van bystand deur 'n derde party verminder word..
Ontvangs van aansoekvorms
Groep B aansoekers sal hulle aansoekvorms fisies by 'n sentrale ontvangsplek in Kaapstad moet aflewer. Al Groep B-visserye sal hulle aansoeke gelyktydig gedurende 'n vooraf-geadverteerde tydperk van twee dae moet indien..
Afskrifte
Die Departement sal van Groep B-aansoekers verwag om die aansoekvorms voor 'n kommissaris van ede te voltooi en te onderteken. Die aansoekvorm tesame met enige bylaes moet gefotokopieër word en hierdie afskrifte moet saam met die oorspronklike ingedien word..
Ontwerp van kriteria en opweging :
Inligting wat deur aansoekers verstrek word sal op databasisse ingevoer word. Die beleidsdokumente en die databasis sal gebruik word om uiteengesette kriteria en opweging te ontwikkel vir elke sektor met die doel om die aansoeke te evalueer..
Mondelinge onderhoude, oproepe om verdere inligting en ondersoeke
Die Departement mag aansoekers in Groep B uitnooi om mondelinge voorleggings te doen en/of om verdere inligting te verskaf waar daar onsekerheid is oor 'n materiële saak in 'n aansienlike aantal van die aansoeke. Wanneer mondelinge onderhoude gevoer word sal regsverteenwoordigers toegelaat word om die besluitnemer aan te spreek. Die Regte-kontrole-eenheid sal 'n saak ondersoek waar dit voorkom asof 'n aansoeker vals inligting of dokumentasie voorgelê het of versuim het om materiële inligting te verstrek of verdraaide inligting ingedien het..
Steun vir besluitnemers en inligting wat in aanmerking geneem sal word
Die gemagtigde owerheid verantwoordelik vir die besluite oor die aansoeke in 'n sektor ("die besluitnemer") sal in elke sektor deur 'n "Advieskomitee" bygestaan word, asook deur professionele projekbestuurders, konsultante en wetspraktisyns. Die rol van die Advieskomitee word beperk tot 'n meganiese evaluering van die aansoek onder toesig van die besluitnemer en ooreenkomstig die kriteria en aanpassing wat deur die besluitnemer ontwikkel is. Die besluit van die Advieskomitee word op 'n profielvorm, waarna verwys word as die "telkaart", aangebring en wat elektronies ingevoer word en op 'n "spreiblad" aangebring word. Waar 'n saak nie meganies bepaal kan word nie, maar waar om diskresie gevra word, sal die Advieskomitee dit nie hanteer nie..
Kennisgewing van besluite en die redes daaroor
Sodra regte in die Groep B-vissery toegeken is sal die Departement die besluit deur middel van die elektroniese media en erkende nywerheidsliggame publiseer. Verder sal elke aansoeker skriftelik van die besluit oor hulle aansoek tesame met die redes daaroor in kennis gestel word.
Onsuksesvolle aansoekers sal die volgende ontvang, tesame met hulle brief waarin die besluit oor dieaansoek meegedeel word::'n Stel Algemeen Gepubliseerde Redes waarop die kriteria, die besluitnemingsproses en die metode inverband met besluite oor hoeveelheid of werking verskyn;
n Appèlvorm wat 'n vorm is waarvan aansoekers gebruik kan maak om 'n appèl in te dien;
n Kennisgewing van die sluitingsdatum vir die indiening van appèlle; en  'n Afskrif van die telkaart wat gebruik is om hulle aansoek te evalueer.
Suksesvolle aansoekers sal die volgende ontvang tesame met hulle brief waarin hulle oor die besluit van hulle aansoek ingelig word:
n Stel Algemeen Gepubliseerde Redes waarop die kriteria, die besluitnemingsproses en die metode in verband met besluite oor hoeveelheid of werking verskyn;
n Appèlvorm wat 'n vorm is waarvan aansoekers gebruik kan maak om 'n appèl in te dien;
n Kennisgewing van die sluitingsdatum vir die indiening van appèlle;
n Afskrif van die telkaart wat gebruik is om hulle aansoek te evalueer n Stel generiese permitvoorwaardes van toepassing op hierdie bepaalde visvangbedryf; en n Konsep-gedragskode wat in daardie visvangbedryf toepgepas moet word.
Verder sal al die aansoekers toegang tot die volgende hê:
Die opsomming van besluite wat uiteengesette redes verstrek tesame met die kriteria en opweging en die rekord van besluite wat ter insae of te koop beskikbaar is.  Telkaarte van ander aansoekers; en  Die werklike besluitnemingslys van die besluitnemer.
Elke aansoeker het die reg om appèl aan te teken teen die besluit van die besluitnemer. Die appèl gaan regstreeks na die Minister self. Die Algemene Gepubliseerde Redes sal aan elke aansoeker verduidelik hoe en teen watter tyd die appèl indgedien moet word.
Die Minister sal slegs inligting oorweeg wat op of saam met die appèlaansoekvorm ingedien word. Sodra 'n besluit geneem is sal die aansoeker skriftelik van die Minister se besluit verwittig word. Redes sal net op versoek verstrek word ingevolge artikel 5 van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, 03 van 2000.
Bepaalde prosesse in Groep C
Kommunikasie Kommunikasie in Groep C sal deur 'n paar formele kanale plaasvind. Daar word beplan dat in Groep C kommunikasie van beleidvoornemens en wyer sake oor regtetoekenning deur vyf primêre meganismes plaasvind. Hulle sluit in:
Openbare onderhoude en plaaslike besprekings "roadshows" die Departement sal plaaslike besprekings hou waar aansoekers voorsien sal word van inligting oor die beleidsdokumente en ander sake in verband met regtetoekenning. Hierdie plaalike besprekings sal so wyd moontlik gehou word en sal alle visvang-kusgemeenskappe dek;
Roepsentrum die Departement sal 'n roepsentrum opstel waar assistente beskikbaar sal wees om alle navrae oor regtetoekenning te beantwoord;
Kliënte-dienssentrum die Departement sal 'n Kliënte-dienssentrum in Kaapstad oprig en sal plaaslike vissery-adviseurs by die aangewese vissery-beheerkantore beskikbaar stel om navrae te beantwoord en inligting en dokumente beskikbaar te stel;
Erkende Bedryfsliggame: beleidsdokumente en ander materiaal oor regtetoekenning sal deur erkende Bedryfsliggame gekommunikeer word;
Staatskoerant alle beleidsdokumente, uitnodigings om aansoek te doen en algemene kennisgewings sal in die Staatskoerant gepubliseer word;
Taal
Uitnodiging om aansoek te doen vir regte
Uitnodigings om aansoek te doen vir regte sal in die Staatskoerant gepubliseer word. Die Departement sal ook verseker dat kennisgewings op die Departement se amptelike webblad, in streekskoerante en by al die Departement se vissery-beheerkantore geplaas word.
Uitnodigings wat in die Staatskoerant verskyn sal die volgende dele behels:
Die uitnodiging en duidelike instruksies oor voltooiing en indiening van aansoeke;  Die Vissery-spesifieke beleid (of beleidsdokumente waar die uitnodiging op meer as een vissery van toepassing is); en  Die toepaslike aansoekvorm (of vorms waar die uitnodiging meer as een vissery van toepassing is).
Die uitnodiging sal nie die Algemene Beleid insluit nie. Aansoekers sal egter op versoek van 'n afskrif van die Algemene Beleid voorsien word
Uitnodigings sal versprei word op grondslag van vissery-groep. Die Departement sal uitnodigings vir die Groep C-visserye teen Julie / Augustus 2005 rig.
Aansoekvorms
Elke groep visserye en waar nodig geag, elke vissery, sal 'n aparte aansoekvorm hê wat ontwerp is om slegs die inligting te verkry, wat geag word nodig te wees om aansoeke vir kommersiële visvangregte doeltreffend te evalueer. Aansoekvorms sal te alle tye ontwerp word met inagname van slegs die vissery-groep en die betrokke vissery.. Konsep-aansoekvorms sal op die Departement se amptelike webblad gepubliseer word as deel van die openbare deelnemingsproses vir kommentaar. Kommentaar sal gedurende 'n vooraf-geadverteerde tydperk ontvang word en aansoekvorms kan dienooreenkomstig gewysig word.
Verspreiding van aansoekvorms en die wyse waarop aansoekgelde betaal moet word.
In Groep C sal aansoekvorms op verskeie vooraf-geadverteerde streeksplekke langs die kus versprei word. Daar sal van aansoekers wat aansoekvorms by die streeksplekke afhaal verwag word om die aansoekgelde in die aangewese bankrekening van die Regte-kontrole-eenheid te deponeer en om bewys van betaling ('n oorspronklike depositostrokie / elektroniese betalingsbewys) na die verspreidingspunt van die aansoekvorms te bring. Van aansoekers sal verwag word om 'n kort opsomming van persoonlike besonderhede by die personeellede van die verspreidingspunt in te dien, soos naam, identiteitsnommer, maatskappy se registrasienommer, kontakbesonderhede, ens. Wanneer die vorm met die persoonlike besonderhede voltooi is en by bewys van die deposito van die aansoekgelde sal aansoekers van 'n aansoekvorm voorsien word..
Aansoekgelde en heffings
Die Minister in oorleg met die Minister van Finansies is verantwoordelik vir die bepaling van aansoekgelde en die heffings vir gelande vis. Die Departement sal aansoekgelde en heffings op vlakke vasstel om die koste van toekenning van visvangregte te verhaal en met inagneming van die waarde van die vis wat toegeken word.
Departementele ondersteuning en die gebruik van konsultante
Hoewel die Departement nie gekant is teen die gebruik van konsultante of prokureurs nie sal die Departement die aansoekvorms, beleidsdokumente en alle ander dokumente ontwerp op 'n wyse dat die behoefte aan derde-party hulp verminder word. Die Departement verkies dat aansoekers gebruik maak van die verskeie Departementele bystandsmeganismes wat beskikbaar gemaak is, voordat die dienste van 'n konsultant ingeroep word.
Ontvangs van aansoekvorms
Van Groep C aansoekers sal verwag word om hulle aansoekvorms fisies op verskeie vooraf-geadverteerde ontvangspunte in hulle streek langs die kus, in te handig. Alle Groep C visserye moet hulle aansoekvorms gelyktydig gedurende 'n vooraf-geadverteerde tydperk van twee dae indien.
Afskrifte Die Departement sal van Groep C aansoekers verwag om die aansoekvorms voor 'n kommissaris van ede te voltooi en te onderteken. Die aansoekvorm tesame met enige bylaes moet gefotokopieër word en hierdie afskrifte moet saam met die oorspronklike ingedien word.
Ontwerp van kriteria en opweging :
Inligting wat deur aansoekers verstrek word sal op databasisse ingevoer word. Die beleidsdokumente en die databasis sal gebruik word om detail kriteria en gewigte te ontwikkel vir elke sektor met die doel om die aansoeke te evalueer..
Mondelinge onderhoude, oproepe tot verdere inligting en ondersoeke
Die Departement mag aansoekers in Groep C uitnooi om skriftelike inligting te verstrek waar daar onsekerheid is oor 'n wesentlike aangeleentheid in 'n aansienlike aantal van die aansoeke. Die Regte Verifikasie-eenheid sal 'n saak ondersoek waar dit blyk dat 'n aansoeker vals inligting of dokumentasie voorgelê het of versuim het om wesentlike inligting te verstrek of verdraaide inligting ingedien het.
Steun vir besluitnemers en inligting wat in aanmerking geneem sal word : Die gedelegeerde owerheid verantwoordelik vir die besluite oor die aansoeke in 'n sektor ("die besluitnemer") sal in elke sektor deur 'n "Advieskomitee" bygestaan word, asook deur professionele projekbestuurders, konsultante en regspraktisyns. Die rol van die Advieskomitee is beperk tot 'n meganiese evaluering van die aansoek onder toesig van die besluitnemer en ooreenkomstig die kriteria en gewigte wat deur die besluitnemer ontwikkel is. Die besluit van die Advieskomitee word op 'n profielvorm, waarna verwys word as die "telkaart", aangebring en elektronies ingevoer word en op 'n "spreiblad" aangebring word. Waar 'n saak nie meganies bepaal kan word nie, maar waar die toepassing van diskresie vereis word, sal die Advieskomitee dit nie hanteer nie.
Kennisgewing van besluite en die redes daaroor
Sodra regte in die Groep C vissery toegeken is, sal die Departement die besluit deur middel van die elektroniese media en erkende bedryfsliggame publiseer. Verder sal elke aansoeker skriftelik van die besluit oor hulle aansoek tesame met die redes daarvoor in kennis gestel word.
Onsuksesvolle aansoekers sal die volgende ontvang, tesame met hulle brief waarin die besluit oor die aansoek meegedeel word n Stel Algemeen Gepubliseerde Redes waarop die kriteria, die besluitnemingsproses en die metode in verband met besluite oor hoeveelheid of werking verskyn;
n Appèlvorm wat 'n vorm is waarvan aansoekers gebruik kan maak om 'n appèl in te dien;
n Kennisgewing van die sluitingsdatum vir die indiening van appèlle; en n Afskrif van die telkaart wat gebruik is om hulle aansoek te evalueer.
Suksesvolle aansoekers sal die volgende ontvang tesame met hulle brief waarin hulle oor die besluit van hulle aansoek ingelig word:
n Stel Algemeen Gepubliseerde Redes waarop die kriteria, die besluitnemingsproses en die kwantum-of pogingsmetodologie verskyn;  'n Appèlvorm wat 'n vorm is waarvan aansoekers gebruik kan maak om 'n appèl in te dien;  'n Kennisgewing van die sluitingsdatum vir die indiening van appèlle;  'n Afskrif van die telkaart wat gebruik is om hulle aansoek te evalueer.  'n Stel generiese permitvoorwaardes van toepassing op hierdie bepaalde visvangbedryf; en n Konsep-gedragskode wat in daardie visvangbedryf toepgepas moet word. Verder sal al die aansoekers toegang tot die volgende hê
Die opsomming van besluite wat detail redes verstrek, tesame met die kriteria en gewigte en die rekord van besluite, wat ter insae, of te koop beskikbaar sal wees;
Telkaarte van ander aansoekers; en
Die daadwerklike besluitnemingslys van die besluitnemer.
Voorlopige lyste en Kommentaar
Die Departement sal vir kommentaar "voorlopige lyste" van suksesvolle aansoekers in sekere visserye uitreik. Hierdie visserye is die sektor Weskus-kreef (kuslyn) in Groep C en die Groep D visserye. Die rede hiervoor is dat dit nie logisties moontlik sal wees om voorlopige lyste in al die sektore uit te reik nie, aangesien elke aansoeker by magte is om oor voorgestelde suksesvolle aansoekers kommentaar te lewer en elke opmerking sal dan ondersoek en oorweging benodig. Dit kan meewerk dat geen visvangregte toegeken sal word nie.
Elke aansoeker het die reg om appèl aan te teken teen die besluit van die besluitnemer. Die Algemene Gepubliseerde Redes sal aan elke aansoeker verduidelik hoe en wanneer die appèl ingedien moet word.
Die Minister sal slegs inligting oorweeg wat op of saam met die appèlaansoekvorm ingedien word. Sodra 'n besluit geneem is, sal die aansoeker skriftelik van die Minister se besluit verwittig word. Redes sal net op versoek verstrek word, ingevolge artikel 5 van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, 3 van 2000.
Bepaalde prosesse vir Groep D
Kommunikasie Kommunikasie in Groep D sal deur 'n paar formele kanale plaasvind. Daar word beplan dat in Groep D kommunikasie van beleidvoornemens en wyer sake oor regtetoekenning deur vyf primêre meganismes plaasvind. Hulle sluit in
Openbare onderhoude en padkraampies die Departement sal padkraampies opstel waar aansoekers voorsien word van inligting oor die beleidsdokumente en ander sake in verband met regtetoekenning. Hierdie padkraampies sal so wyd moontlik opgestel word en sal alle visvang kusgemeenskappe dek;
Roepsentrum die Departement sal 'n roepsentrum opstel waar assistente beskikbaar sal wees om alle navrae oor regtetoekenning te beantwoord;
Kliënte-dienssentrum die Departement sal 'n Kliënte-dienssentrum in Kaapstad aanbring en sal plaaslike vissery-adviseurs by die aangewese vissery-beheerkantore beskikbaar stel om navrae te beantwoord en inligting en dokumente beskikbaar te stel;
Erkende nywerheidsliggame: beleidsdokumente en ander materiaal oor regtetoekenning sal deur erkende nywerheidsliggame gekommunikeer word;
Staatskoerant alle beleidsdokumente, uitnodigings om aansoek te doen en algemene kennisgewings sal in die Staatskoerant gepubliseer word;
Uitnodiging om aansoek te doen om regteUitnodigings om aansoek te doen om regte sal in die Staatskoerant gepubliseer word. Die Departement salook verseker dat kennisgewings op die Departement se amptelike webblad, in streekskoerante en by al dieDepartement se vissery-beheerkantore geplaas word..Uitnodigings wat in die Staatskoerant verskyn sal die volgende dele behels
Die uitnodiging en duidelike instruksies oor voltooiing en indiening van aansoeke;
Die Vissery-spesifieke beleid of beleidsdokumente waar die uitnodiging op meer as een visvangbedryf van toepassing is; en
Die toepaslike aansoekvorm of -vorms waar die uitnodiging m eer as een visvangbedryf van toepassing is.
Die uitnodiging sal nie die Algemene Beleid insluit nie. Aansoekers sal egter by navrae van 'n afskrif van die Algemene Beleid voorsien word
Uitnodigings sal versprei word op grondslag van 'n vissery-groep. Die Departement sal uitnodigings vir die Groep D visserye teen Augustus 2005 rig.
Aansoekvorms
Elke groep visserye en waar nodig geag, visvangbedryf, sal 'n aparte aansoekvorm hê wat ontwerp is om slegs die inligting te verkry, wat geag word betrekking te hê om aansoeke om kommersiële visvangregte doeltreffend te evalueer. Aansoekvorms sal ontwerp word met inagneming van slegs die vissery-groep en die betrokke visvangbedryf
Konsep-aansoekvorms sal op die Departement se amptelike webblad gepubliseer word as deel van die openbare deelnemingsproses vir kommentaar. Kommentaar sal gedurende 'n vooraf-geadverteerde tydperk ontvang word en aansoekvorms kan dienooreenkomstig hersien word.
Verspreiding van aansoekvorms en die wyse waarop aansoekgelde betaal moet word :
In Groep C sal aansoekvorms op verskeie vooraf-geadverteerde streeksplekke langs die kus versprei word. Aansoekers wat aaansoekvorms by die streeksplekk afhaal sal geverg word om die aansoekgelde in die aangewese bankrekening van die Regte-kontrole-eenheid te deponeer en om bewys van betaling ('n oorspronklike depositostrokie / elektroniese betalingsbewys) na die verspreidingspunt van die aansoekvorms te bring. Van aansoekers sal verwag word om 'n kort opsomming van persoonlike besonderhede by die personeellede van die verspreidingspunt in te dien, soos naam, identiteitsnommer, maatskappy se registrasienommer, kontakbesonderhede, ens. Wanneer die vorm met die persoonlike besonderhede voltooi is en by bewys van die deposito van die aansoekgelde sal aansoekers van 'n aansoekvorm voorsien word.
Aansoekgelde en heffings :
Die Minister,in oorleg met die Minister van Finansies, is verantwoordelik om die aansoekgelde en die heffings vir vis wat aan land gebring word, te bepaal. Die Departement sal aansoekgelde en heffings op vlakke bepaal wat vasgestel word om die koste van toekenning van visvangregte te verhaal.
Departementele ondersteuning en die gebruik van konsultante
Hoewel die Departement nie gekant is daarteen om van konsultante of prokureurs gebruik te maak nie, sal die Departement die aansoekvorms, beleidsdokumente en alle ander dokumente ontwerp op so 'n wyse dat die behoefte aan derde-party hulp verminder word. Die Departement sal verkies dat aansoekers gebruik maak van die verskeie Departementele bystandsmeganismes wat beskikbaar is, voodat die dienste van 'n konsultant ingeroep word.
Ontvangs van aansoekvorms
Van Groep D aansoekers sal verwag word om hulle aansoekvorms fisies op verskeie vooraf-geadverteerde ontvangspunte in hulle streek langs die kus, in te handig. Al Groep C visserye moet hulle aansoekvorms gelyktydig gedurende 'n vooraf-geadverteerde tydperk van twee dae indien.
Afskrifte Die Departement sal van Groep D aansoekers verwag om die aansoekvorms voor 'n kommissaris van ede te voltooi en te onderteken. Die aansoekvorm, tesame met enige bylaes, moet gefotokopieër word en hierdie afskrifte moet saam met die oorspronklike ingedien word.
Ontwerp van kriteria en opweging
Inligting wat deur aansoekers verstrek word sal op databasisse ingevoer word. Die beleidsdokumente en die databasis sal gebruik word om uiteengesette kriteria en opweging te ontwikkel vir elke sektor met die doel om die aansoeke te evalueer.
Mondelinge onderhoude Oproepe tot verdere inligting en ondersoeke
Die Departement mag aansoekers in Groep D uitnooi om skriftelike inligting te verstrek, waar daar onsekerheid is oor 'n materiële saak in 'n aansienlike aantal van die aansoeke. Die Regte-kontrole-eenheid sal 'n saak ondersoek waar dit voorkom asof 'n aansoeker vals inligting of dokumentasie voorgelê het, of versuim het om materiële inligting te verstrek of verdraaide inligting ingedien het..
Ondersteuning aan besluitnemers en die inligting wat in aanmerking geneem sal word:
Die gemagtigde owerheid verantwoordelik vir die besluite oor die aansoeke in 'n sektor ("die besluitnemer") sal in elke sektor deur 'n "Advieskomitee" bygestaan word, asook deur professionele projekbestuurders, konsultante en wetspraktisyns. Die rol van die Advieskomitee word beperk tot 'n meganiese evaluering van die aansoek onder toesig van die besluitnemer en ooreenkomstig die kriteria en aanpassing wat deur die besluitnemer ontwikkel is. Die besluit van die Advieskomitee word op 'n profielvorm, waarna verwys word as die "telkaart", aangebring en wat elektronies ingevoer word en op 'n "spreiblad" aangebring word. Waar 'n saak nie meganies bepaal kan word nie, maar waar om diskresie gevra word, sal die Advieskomitee dit nie hanteer nie.
Kennisgewing van besluite en die redes dooroor
Sodra regte in die Groep D vissery toegeken is, sal die Departement die besluit deur middel van die elektroniese media en erkende nywerheidsliggame publiseer. Verder sal elke aansoeker skriftelik van die besluit oor hulle aansoek tesame met die redes daaroor in kennis gestel word.
Onsuksesvolle aansoekers sal die volgende ontvang, tesame met hulle brief waarin die besluit oor die aansoek meegedeel word n Stel Algemeen Gepubliseerde Redes waarop die kriteria, die besluitnemingsproses en die metode in verband met besluite oor hoeveelheid of werking verskyn;
n Appèlvorm wat 'n vorm is waarvan aansoekers gebruik kan maak om 'n appèl in te dien;
n Kennisgewing van die sluitingsdatum vir die indiening van appèlle; en n Afskrif van die telkaart wat gebruik is om hulle aansoek te evalueer.
Suksesvolle aansoekers sal die volgende ontvang tesame met hulle brief waarin hulle oor die besluit van hulle aansoek ingelig word n Stel Algemeen Gepubliseerde Redes waarop die kriteria, die besluitnemingsproses en die metode in verband met besluite oor hoeveelheid of werking verskyn;
n Appèlvorm wat 'n vorm is waarvan aansoekers gebruik kan maak om 'n appèl in te dien;
n Kennisgewing van die sluitingsdatum vir die indiening van appèlle;
n Afskrif van die telkaart wat gebruik is om hulle aansoek te evalueer.
n Stel generiese permitvoorwaardes van toepassing op hierdie bepaalde visvangbedryf; en n Konsep-gedragskode wat in daardie visvangbedryf toepgepas moet word.
Verder sal al die aansoekers toegang tot die volgende hê
Die opsomming van besluite wat uiteengesette redes verstrek tesame met die kriteria en aanpassing en die rekord van besluite wat ter insae of te koop beskikbaar is.  Telkaarte van ander aansoekers; en  Die werklike besluitnemingslys van die besluitnemer.
Voorlopige lyste en kommentaar
Die Departement sal slegs vir kommentaar "voorlopige lyste" van suksesvolle aansoekers in sekere visserye uitreik. Hierdie visserye is die sektor Weskus-kreef (kuslyn) in Groep C en die Groep D visserye. Die rede hiervoor is dat dit nie logisties moontlik sal wees om voorlopige lyste in al die sektore uit te reik nie aangesien elke aansoeker by magte is om oor voorgestelde suksesvolle aansoekers kommentaar te lewer en elke opmerking sal dan ondersoek en oorweging benodig. Dit kan meewerk dat geen visvangregte toegeken sal word nie.
Besluitneming
Alle besluite sal gebaseer word op toepaslike wette en beleidsrigtings. Die beleidsdokumente en die databasis wat opgestel is na die aansoeke ontvang is, sal gebruik word om meer detail kriteria vir die evaluering van die aansoeke te ontwikkel. Hieride kriteria word ontwikkel na die ontvangs van aansoeke en sal gevolglik nie voor die toekenningsproses vrygestel word nie.
Kriteria wat gebruik word om besluite te neem
Die Departement verwag 'n groot aantal aansoeke om langtermyn regte en verwag dat, met die beperking op vangste of visvangpoging in al die visserye, dat sommige aansoekers in feitelik al die sektore geweier gaan word. Die enigste manier om tussen aansoekers te kies is om 'n stel objektiewe kriteria te ontwikkel ingevolge waarvan sommige aansoekers uitgesluit mag word en die res in ranglyste ingedeel word om die aansoekers met die hoogste punte ingevolge die beleidsdokumente en kriteria te identifiseer. Dit beteken nie noodwendig dat aansoekers wat geweier word, nie verdienstelik is nie. Die proses is wedywerend en die doel is om die aansoekers te identifiseer wat die hoogste punte behaal het.
Vier tipes kriteria sal gebruik word om die aansoeke te evalueer.
Aansoeke sal nagegaan word volgens 'n stel "uitsluitingkriteria", wat daarna oorweeg word volgens 'n stel gelaaide "balanseringskriteria". Verder mag die besluitnemer in sommige sektore een of meer van 'n aantal "valbylfaktore" in aanmerking neem, indien daar te veel aansoekers met dieselfde punte is. 'n Proporsionele deel van die TTV/TOV sal dan toegeken word aan elke suksesvolle aansoeker ingevolge die stel "kwantumkriteria".
Uitsluitingkriteria
Drie tipes weriingskriteria sal in werking gestel word.
Ten eerste sal 'n aansoek nagegaan word om vas te stel of dit behoorlik ingedien is. 'n Aansoek is nie behoorlik ingedien nie wanneer dit te laat ontvang word; indien die aansoeker nie die aansoekgeld betaal het nie, of net 'n gedeelte daarvan betaal het of dit te laat betaal het; of indien dit ingedien is op 'n wyse waarvoor nie voorsiening gemaak is nie, soos per faks of op 'n ander vorm as die amptelike voorgeskrewe vorm. Die besluitnemer sal nie 'n diskresie gegun word om nie-voldoening aan die indieningsvereistes te verskoon nie.
Tweedens sal die aansoek nagegaan word om te bepaal of dit lei aan 'n wesentlike tekortkoming. 'n Aansoek lei aan 'n wesentlike tekortkoming, indien die vorm nie deur die aansoeker onderteken is nie; of indien die aansoeker se verklaring nie deur 'n kommissaris van ede beëdig is nie; of indien meer as een aansoek van die aansoeker ontvang is vir 'n visvangreg in dieselfde sektor; of indien die aansoeker nie 'n Suid-Afrikaanse persoon is nie, insluitende byvoorbeeld 'n vennootskap of enige ander liggaam wat nie as regspersoon ingevolge ons wette erken word nie; of indien die aansoeker valse inligting of vals dokumente verskaf het of versuim het om wesentlikeinligting te openbaar of probeer het om op onbehoorlike wyse met die Departement in aanraking te kom. Die besluitnemer sal nie die diskresie gegun word om 'n aansoek te oorweeg wat aan 'n wesentlike tekortkoming lei nie.
Derdens, sal 'n aansoek nagegaan word om vas te stel of die aansoekers aan die minimum noodsaaklike vereistes voldoen om deel te neem in hierdie sektor. Die noodsaaklike vereistes verskil van sektor tot sektor. Byvoorbeeld in die sektor van perlemoen-duikers moes aansoekers bewys dat hy of sy onder andere 'n gekwalifiseerde duiker is en gesertifiseer is as Klas 1 (met oppervlakte-voorsiening), II of III Kommersiële Duiker ingevolge regulasie 14 van die regulasies uitgevaardig, ingevolge die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (AK Regulasie 10 van 11 Januarie 2002). Die besluitnemer sal nie 'n diskresie gegun word om 'n aansoek wat nie voldoen aan die noodsaaklike vereistes vir deelname in hierdie sektor te verskoon nie.
Balanseringskriteria: nuwe inkomelinge en bestaande regtehouers
Aansoeke wat behoorlik ingedien is, nie lei aan wesentlike tekortkominge nie en aan die noodsaaklike vereistes voldoen sal ingevolge die stel balanseringskriteria gemeet word ("die balanseringskriteria"). Die balanseringskriteria sal gelaai word vir puntedoeleindes. Sommige van die kriteria soos transformasie sal dwarsdeur al die sektore van toepassing wees, terwyl ander van sektor tot sektor bepaal word.
Die aansoeke van bestaande regtehouers sal nie regstreeks vergelyk word met dié van potensiële nuwe inkomelinge nie. Bestaande regtehouers se aansoeke sal beoordeel word, in terme van soortgelyke, maar nie noodwendig dieselfde kriteria as potensiële nuwe inkomelinge nie. Afsnypunte sal dan apart vasgestel word vir bestaande regtehouer-aansoekers en potensiële nuwe inkomelinge. Alle aansoekers met punte wat gelyk staan aan of meer is as die afsnypunt sal regte toegeken word.
Valbyl faktore
Indien daar te veel aansoekers met dieselfde punte is, mag die besluitnemer 'n addisionele stel kriteria, naamlik valbyl kriteria, in werking stel om tussen die aansoekers met dieselfde punte te kies.
Kwantumkriteria
Die besluitnemer sal dan kwantum toeken aan elke suksesvolle aansoeker volgens die benadering wat in artikel 7.2 hier onder beskryf word.
DEEL C: DWARSSNYDENDE BELEIDSOORWEGINGS VIR DIE TOEKENNING VAN REGTE EN KWANTUM
Beleidsoorwegings
Hierdie Algemene Beleid moet saamgelees word met die Vissery-spesifieke beleidsdokumente wat vir elke vissery aangeneem is. Indien enige konflik tussen die Algemene Beleid en die Vissery-spesifieke beleid voorkom, sal die Vissery-spesifieke beleid voorkeur geniet..
Beleidsoorwegings vir die toekenning van regte
Tydsduur van regte en voorwaardelike toekennings van regte
Langtermyn visvangregte sal by al die kommersiële visserye toegeken word, behalwe die Oester-en Witmosselbedrywe wat nog in 'n vroeë stadium van kommersiële ontwikkeling is.
In die ander kommersiële visserye sal regte vir 'n tydperk van tot 15 jaar toegeken word. Dit hang onder andere af van die mate van transformasie in die visvangbedryf, die huidige kennis oor die biologiese status van die teikenspesies; die kapitaalintensiteit van die vissery en die behoefte om verdere belegging en groei aan te moedig, en die prestasie van die vissery, veral wat wetsnakoming betref.
In sommige sektore mag aansoekers onderwerp word aan 'n hersieningsproses na die toekenningsproses. Die regte van aansoekers wat nie in die hersiening geslaag het nie sal verval. Verdere besonderhede oor die duur van die reg en die hersieningsproses word vervat in die Vissery-spesifieke beleidsdokumente.
Vorm van die regtehouer
Artikel 18 van die WMLH verklaar dat slegs Suid-Afrikaanse persone visvangregte mag hou. Hierdie bepaling sluit nie net buitelanders uit nie. Ingevolge die WMLH mag kommersiële visvangregte nie toegeken word aan entiteite sonder regspersoonlikheid nie, soos vennootskappe of gemeenskapsverenigings. Die Departement ontmoedig verder die gebruik van koöperasies en trusts. Ondervinding in die verlede het geleer dat regte ontvang deur koöperasies en trusts nie die talle honderde lede of die begunstigdes van die trusts bevoordeel nie.
Slegs natuurlike (individue) persone sal toegelaat word om in Groep C en Groep D visserye aansoek te doen. Slegs regspersone, ingelyf ingevolge die Wet op Beslote Korporasies, 69 van 1973, sal toegelaat word om in Groep A en Groep B visserye vir regte aansoek te doen. Bestaande regtehouers wat in die vorm van trusts opereer moet voor die toekenningsproses na 'n Beslote korporasie of 'n maatskappy omskakel. Die omskepte Beslote korporasie of maatskappy sal dan behandel asof dit 'n bestaande regtehouer is.
Natuurlike persone wat tans 'n reg in hierdie sektore hou, sal in die vorm van 'n private maatskappy of beslote korporasie moet aansoek doen. Die maatskappy of beslote korporasie sal as voormalige reghouer beskou word solank die natuurlike persoon wat die reg vantevore gehou het 'n meerderheid-aandeelhouer of lid is van die maatskappy of beslote korporasie wat aansoek doen en nie 'n aandeelhouer of lid is van 'n ander maatskappy of beslote korporasie wat aansoek doen nie.
In sommige visserye sal aansoekers aangemoedig word om na die toekenningsproses saam te smelt en om hulpbronne te deel. Verdere besonderhede word in die Vissery-spesifieke beleidsdokumente verstrek.
Transformasie
Die WMLH verwag van besluitnemers om herstrukturering van die visvangbedryf in ag te neem, ten einde historiese wanbalanse aan te spreek en billikheid in al die vertakkings van die visvangbedryf te bereik. Soos hierbo genoem is transformasie ook 'n grondwetlike vereiste in Suid-Afrika. Die Omvangryke Swart Ekonomiese Bemagtigingswet 53 van 2003, is een van vele statutêre instrumente wat aan hierdie vereiste uiting gee. Hierdie wet maak voorsiening vir 'n "gebalanseerde telkaart" om vordering en status in ondernemings te meet en aanname van transformasie-oktrooie, waar nodig, vir spesifieke sektore in die ekonomie deur hoofinsethouers in daardie sektore. Vanweë die aard van die regtetoekenningsproses het die Departement nog nie die aanname van oltrooie vir visvangsektore bepleit nie. By toekenning van visvangregte moet 'n besluitnemer aansoekers met mekaar, eerder as met 'n eksterne maatstaf, vergelyk. Transformasie is uiters belangrik in die vergelykende balanseringsproses. Die proses is mededingend en geen "maatstaf" kan vooraf opgestel word nie. By gelyke byvoegdhede het aansoekers met meer transformasie-punte as ander 'n beter kans tot 'n reg of 'n groter proporsie van beskikbare TTV of TOV. Die Departement se benadering is dat in so 'n mededingende vergelykende proses die aanname van 'n oktrooi, nie die korrekte manier is om transformasie te bevorder nie. Dit mag deelnemers ontmoedig om te transformeer, veral in sektore wat beskou word as "voldoende getransformeer" of wat onmoontlik is om te transformeer.
Die Departement gaan voort om transformasie te bevorder en is voornemens om resultate te behaal wat beter is as dié wat met die medium-termyn regtetoekenning behaal is. Bestaande deelnemers wat nie getransformeer het nie, ongeag hul bedryfssektor, mag uitgesluit word. In die langtermyn regtetoekenningsproses is die Departement verder voornemens om slegs gehalte transformasie te erken, dit wil sê transformasie wat werklike voordele inhou vir histories benadeelde persone.
Persone is as gevolg van hulle ras histories benadeel in die visvangbedryf ten opsigte van toegang tot regte. Sommige rassegroepe is verder middelik benadeel deur die Groepsgebiedewet wat hulle verhoed het om in kusgebiede te woon. Daarom is dit nodig om deelname van sulke histories benadeelde persone in al die vertakkings van die visvangindustrie te bevorder. Dit is ook nodig om historiese wanbalanse reg te stel en billikheid in die visvangindustrie te bewerk in verband met die deelname van vroue omdat hulle ook in die verlede gemarginaliseer is. In die toekenningsproses sal die ras en geslag van aansoekers, en in die geval van regspersoon, die ras en geslag van die aansoeker se aandeelhouers, uitvoerende bestuurspan, verskaffers en werkspan, in aanmerking geneem word op die wyse hier onder beskrywe. Verder mag korporatiewe maatskaplike belegging in aanmerking geneem word op die wyse hier onder beskrywe.
Besluitnemers sal slegs data oor die aansoeker-maatskappy oorweeg. Inligting oor die kontrollerende maatskappy of filiaal-maatskappye sal oor die algemeen nie in aanmerking kom nie.. In Groep A sal die self-verifiëringsmetode deur middel van die telkaart hierbo beskryf, gebruik word wat beteken dat aansoekers aan hulself punte moet toeken maar dat die inligting en die resultate geverifieer moet word deur die aansoeker se ouditeurs..
Ras
Persone wat histories as "Swart", "Kleurling" en "Indiër" (die aangewese rassegroepe) geklassifiseer is voor 1994 sal as histories benadeeld beskou word weens ras.
In Groep C en D sal 'n vasgestelde aantal punte aan aansoekers uit die aangewese rassegroepe toegeken word en bestuur, diensbillikheid, regstellende aankope en korporatiewe maatskaplike belegging mag ook oorweeg word.. In Groepe A en B sal punte toegeken word vir die ras van die aansoeker se besit en bestuur en wel op die volgende wyse. :
a Besit
Voordelige besit van die aansoeker deur die aangewese rassegroepe, sal beloon word. Verdere punte sal verdien word deur aansoekers wat werknemers uit daardie rassegroepe bemagtig het deur middel van deelnemingskemas, mits die aansoeker kan bewys dat die werknemers werklike voordeel getrek het uit die skema (soos dividende). Geen punte gaan toegeken word vir aandele gehou deur benoemdes of waar die voordele en regte by aandele afgewater is of waar die laste by aandele aansienlik verswaar is nie.
Waar 'n maatskappy aandele hou sal die rasstatus van die maatskappy in aanmerking geneem word. Byvoorbeeld waar maatskappy A 20% aandele in maatskappy B hou en 10% van maatskappy A in besit is van die aangewese rassegroepe dra sy aandeel 2% van die besit van maatskappy B deur sodanige rassegroep by. Waar maatskappy A 55% van maatskappy B se aandele hou en maatskappy A is 60% in besit van die aangewese rassegroepe, dra dit 33% by tot B se besit deur die aangewese rassegroepe.
In die geval van bestaande regtehouers, mag gewig toegeken word aan die huidge status en vordering gemaak vanaf die sluitingdag van medium-termyn regte tot by die sluitingsdag van langtermyn regte. Aansoekers wat 'n sektor-bepaalde drempel bereik het, soos bepaal by ontleding van daardie spesifieke sektor, sal die maksimum aantal punte vir besit deur aangewese rassegroepe kry al het hulle geen vordering gemaak nie of al het hulle minder getransformeerd geword. Ander aansoekers sal beloon word vir vordering of gepenaliseer word vir agteruitgang.
Indien 'n aansoeker-entiteit se senior of uitvoerende bestuur persone van aangewese rassegroepe insluit, sal die aansoeker beloon word. Senior of uitvoerende bestuur sluit gewoonlik daardie persone in wat verantwoordelik is om die strategiese bedrywighede van die maatskappy te lei en wat regstreeks aan die besturende direkteur of die direksie rapporteer. Hierdie tipe bestuur word gewoonlik deur die "uitvoerende span" behartig wat aan die raad of direkteure van 'n maatskappy rapporteer. Vir doeleindes van die langtermyn regtetoekenningsproses, sal die boonste 1.7% van salaristrekkers in 'n entiteit as die uitvoerende bestuur beskou word.
Geslag
In Groepe A en B sal voordellige besit en bestuur deur vroue op dieselfde manier beloon word as ras, maar geslag sal minder weeg as ras.
Geslag sal gebruik word as valbylfaktor in Groepe C en D.
Diensbillikheid
Aansoekers wat volgens die reg moet voldoen aan die Wet op Diensbillikheid , 55 van 1998 sal moet bewys dat hulle wel daaraan voldoen..
Die aantal persone van die aangewese rassegroepe en vroue in diens van die aansoeker kan ook 'n balanseringskriterium wees. Meer punte sal toegeken word aan persone van die aangewese rassegroepe en vroue wat aan die hoër kant van die aansoeker se salarisskale as die laer kant in diens staan. Daar kan byvoorbeeld van aansoekers verwag word om die persentasie persone van die aangewese rassegroepe en vroue in die top 10% van die salaristrekkers te spesifiseer, tussen die top 10% en die top 30%, tussen die top 30% en die top 50% en onder die top 50%. Meer punte sal toegeken word waar persone van die aangewese rassegroepe en vroue in die top range van verdienste eerder as in die laagste range van verdienste in diens is.
Aansoekers wat versuim om te voldoen aan die Wet op Vaardigheidsontwikkeliing 97 van 1998 en die Wet op die Heffings vir Vaardigheidsontwikkeling 9 van 1999 mag negatiewe punte behaal. Aansoekers sal moet bewys dat hulle aan hierdie wetgewing voldoen. Indien 'n aansoeker proporsioneel meer bestee aan die opleiding van werknemer-persone in die aangewese rassegroepe en vroue mag hierdie faktor in berekening gebring word.
Regstellende aankope
Die persentasie wat bestee word aan regstellende aankope (aankope van swart maatskappye) mag as 'n faktor oorweeg word.
Korporatiewe maatskaplike belegging
Aansoekers wat meer as 1% van wins voor belasting per jaar aan korporatiewe maatskaplike belegging bestee het gedurende die vorige regtetoekenningsproses, sal beloon word. Korporatiewe maatskaplike belegging sluit nie borgskap van sportgebeure of beurse aan werknemers of hulle familielede in nie.
Loonverskille
Die persentasie verskil tussen die hoogste en die laagste besoldigde werknemers sal in aanmerking kom.
Multi-sektorale betrokkenheid
Oor die algemeen is dit nie die Departement se beleidsoogmerk om die hou van regte in meer as een visseryf te verhoed of te ontmoedig nie. Maar in die geval van tradisionele lynvisvoorraad, wat na aan ineenstorting is, as gevolg van oor-ontginning, sal regtehouers nie toegelaat word om regte in enige ander kommersiële vissery te hou nie.
Regtehouers in die Groepe A en B visserye (insluitende hulle beherende aandeelhouers of lede en lede van hulle uitvoerende bestuurspan) sal nie toegelaat word om kommersiële regte in Groepe C en D visserye te hou nie. Hierdie visserye word gereserveer vir klein-en medium-grootte ondernemings en individuele vissers wat op daardie voorraad vir hulle bestaan afhanklik is. Regtehouers in Groepe C en D wat aandele of belange in Groepe A en B na toekenning wil verkry sal toegelaat word om hulle Groep C en D regte aan ander natuurlike persone oor te dra indien die Departement dit goedkeur.
Konsolidasie
Tussen 1994 en 2004 het die aantal persone in die kommersiële visvangbedryf dramaties toegeneem. Hierdie toename was nodig om nuwe inkomelinge toe te laat om deel te neem, sodat die industrie getransformeer kon word. Die Departement is egter bewus van sommige gevalle waar die vermenigvuldiging van regtehouers transformasie ondermyn het, deurdat regtehouers onder verskillende dekmantels aansoek gedoen het. Die voorneme is dat met die toekenning van langtermyn regte die industrie verder gestabiliseer en getransformeer kan word en die Departement is ten gunste van konsolidasie van regtehouers in die meeste sektore.
Konsolidasie beteken die vermindering in 'n bepaalde vissery van die aantal entiteite, veral dié met dieselfde of soortgelyke aandeelhouers en uitvoerende bestuurspan en/of fisiese adres. Minder entiteite sal die administratiewe laste en koste aan die Departement verminder en die administratiewe koste vir "soortgelyke" aansoekers verminder. Regtehouers sal nie toegelaat word om binne dieselfde sektor te vermenigvuldig deur onder 'n dekmantel om addisionele regte aansoek te doen nie. Bestaande regtehouers mag nie 'n aandeel in potensiële nuwe aansoekers hou nie..
Tensy anders gespesifiseer in die Vissery-spesifieke Beleid, sal die huidige benadering van regte-oordrag nie voor die toekenningsproses verander word nie. Dit beteken dat die benadering tot konsolidasie hoofsaaklik na die toekenningsproses in werking gestel word. In 'n aantal sektore sal venstertydperke oopgestel word na die toekenningsproses wanneer die Minister goedgunstig sal kyk na alle vorms van konsolidasie wat nie transformasie ondermyn nie.
Nuwe inkomelinge
Die kwessie van nuwe inkomelinge is Vissery-spesifiek en word in die Vissery-spesifieke beleidsdokumente hanteer. Die Departement probeer so veel moontlik nuwe inkomelinge in die meeste sektore akkommodeer.
Nuwe inkomelinge sal toegelaat word om onsuksesvolle regtehouers te vervang. Dit sal plaasvind waar huidige regtehouers versuim het om te transformeer of wanneer huidige regtehouers versuim het om na behore te presteer of waar die visvangpoging binne 'n bepaalde bedryf beskou word as minder as optimaal.
In sommige sektore sal die aantal deelnemers verminder word, terwyl die getalle in ander sektore mag verhoog deur regte aan nuwe aansoekers toe te ken.
Oor die algemeen sal die Departement nie regtehouers wat 'n visvangreg verkoop het of op enige wyse vervreem het, toelaat om daardie kommersiële visvangbedryf weer in te tree onder 'n ander dekmantel nie. Dieselfde is van toepassing op aandeelhouers of lede van Beslote Korporasies wat meer as 10% van 'n onderneming verkoop het.
Die Departement is gekant teen die bestaan of die skepping van monopolië. Groot regtehouers het in die verlede hulle oorheersende posisie op verskeie maniere misbruik. Die Departement is ook gekant daarteen dat regtehouers ooreenkomste met ander regtehouers aangaan (kleiner en / of beperkte regtehouers) waarvolgens die stelsel van voorskotte voortgesit word of wat die uitwerking het dat kleiner regtehouers hulle reg prysgee om hulle vangste teen die beste moontlike pryse te verkoop. 'n Maksimum persentasie van die TTV/TOV wat deur enige enkele regtehouer gehou mag word mag in sommige van die Vissery-spesifieke beleidsdokumente vasgestel word.
Prestasie
Indien prakties en van belang, sal die prestasie van bestaande regtehouers onder die volgende hoofde evalueer word:
Finansiële prestasie van die aansoeker mag volgens 'n stel finansiële ratio's evalueer word wat hulle leen tot maatstawwe wat geouditeerde state gerugsteun word. Aansoekers wat tegnies bankrot is sal nie punte vir finansiële prestasie verdien nie. Die finansiële prestasie van bestaande regtehouers is ook ter sake om vas te stel wie die eintlike begunstigdes van die toekenning is (volg-die-geld beginsel) en om te bepaal of die regtehouer in die bedryf belê het.
Belegging in 'n vaartuig wat genomineer is om die hulpbron te oes, sal erken word solank daardie belegging werklik bewys lewer van deelname aan die sektor. Klein aandele in vaartuie, verkry teen minimum of geen koste aan die aansoeker, sal nie as belegging beskou word nie.
Betaling van heffings
Aansoekers sal moet bewys dat hulle op datum is met betaling van heffings vir gelande vis gedurende die medium-termyn regtetydperk (en sal dus vangsverslae moet verskaf). Waar heffingbetaling vir meer as 60 dae agterstallig is, sal die aansoeker gepenaliseer word. Indien die aansoeker nietemin daarin slaag om 'n reg te kry, sal die Departement nie 'n permit uitreik voor die volle uitstaande bedrag nie betaal is nie.
Die Departement sal vanaf 2006 vereis dat aansoekers hulle heffings, bereken op die toegekende kwantum, aan die begin van die visvangseisoen en voordat 'n permit uitgereik word, betaal.
Aansoekers wat skuldig bevind is aan oortredings van die WMLH en die regulasies gedurende die medium-termyn regtetydperk mag uitgesluit word. Dit beteken dat persone wat skuldig bevind is aan 'n oortreding en tronkstraf gekry het, moontlik nie in aanmerking kom vir 'n kommersiële visvangreg nie. Persone wat verkies het om eerder 'n skulderkenningboete te betaal, mag ook gepenaliseer word.
Geringe oortredings van die WMLH en die regulasies en permitvoorwaardes sal as negatiewe punte ontvang.
Waar dit regtens moontlik is sal regtehouers verantwoordelik gehou word vir oortredings deur kapteins en bemanning. Regtehouers wat negatief gelys is deur 'n Streeksvisserybestuursorganisasie, sal uitgesluit word. Vaartuie op die swartlys van enige streeksvisserybestuursorganisasie sal nie toegelaat word om visvoorraad te oes nie. Persone wat sodanige vaartuie besit (ten volle of ten dele) sal nie vir kommersiële visvangregte in aanmerking kom nie. Persone wat sulke vaartuie nomineer om vir kommersiële visvangs gebruik te word sal ook nie vir 'n kommersiële visvangreg in aanmerking kom nie.
Behalwe om regte ingevolge artikel 28 van die WMLH in te trek, ondersoek die Departement metodes om kwota's te verminder in geval van oortredings van die WMLH.
Die Departement se rekords van oortredings van die WMLH sal ter insae beskikbaar gestel word voordat regte toegeken word. Alle deelnemers en voornemende aansoekers word aangeraai om vertroud te raak met die Departement se monitering-, beheer-en waarnemingstrategie en sakeplan.
Visvangprestasie
Bestaande regtehouers se visvangprestasie mag ontleed word, om vas te stel of 'n bestaande regtehouer se aansoek doeltreffend geoes is gedurende die medium-termyn periode.
Aansoekers wat geen vis gevang het tydens 'n visvangseisoen, of wat 'n hele seisoen lank nie 'n permit afgehaal het nie, sal outomaties uitgesluit word.. Ondervangste en oorvangste mag in sekere sektore negatiewe punte kry.
Die Departement se rekords van vangsrendemente sal ter insae beskikbaar gestel word voor die toekenningsproses.
Papierkwota's
Die Departement sal probeer om papierkwota's uit die industrie te hou en om alle huidige papierkwota's met regte te verwyder. Papierkwota's ondermyn of omseil die doelwitte van die regtetoekenningsproses. Regte sal na 2005 herroep word, wanneer duidelik word dat 'n nuwe regtehouer eintlik net 'n papierkwota is.
Nuwe inkomelinge
In die langtermyn regtetoekenningsproses sal die Departement nuwe inkomeling-aansoekers wat lyk na papierkwota-risiko's uitsluit. Vir hierdie doel beskou die Departement 'n aansoeker as 'n "papierkwotarisiko" as daardie aansoeker geen ernstige voorneme het om die risikos van deelname aan die sektor te deel nie, veral wanneer die gevaar bestaan dat 'n aansoeker nie aansoek gedoen het om die bedryf toe te tree nie, maar om geldelike voordeel te trek sonder om by die hoofbedrywighede van ontginning van enige reg wat toegeken word, betrokke te raak. Om vas te stel of 'n nuwe aansoeker so 'n papierkwotarisiko is, sal die aansoeker se bates en toegang tot kapitaal en finansiële en besigheidsbeplanning oorweeg word.
Die Departement sal ook papierkwotarisiko-aansoekers wat as "fronte" beskou word vir ander werklike begunstigdes, uitsluit. Fronte ontstaan wanneer 'n aansoek deur 'n oënskynlik getransformeerde entiteit gekanaliseer word, maar die bedoeling is dat die hoofvoordele na 'n ongetransformeerde entiteit of nie-VBP persoon of persone deurvloei.
Vorige regtehouers
Die Departement sal medium-termyn regtehouers uitsluit wat hulle self kenbaar gemaak het as papierkwota's. Vir hierdie doel beskou die Departement papiekwota's as medium-termyn regtehouers met swak of geen prestasierekords en geen belegging of betrokkenheid nie.
Die Departement sal "fronte" ook uitsluit en sal vir daardie doel die "volg-die-geld beginsel" gebruik om te bepaal of oënskynlik getransformeerde regtehouers enige finansiële of ander voordeel aan VBP-komponente of persone gegee het. Sodanige regtehouers sal nie weer regte toegeken word nie.
As algemene reël sal die Departement nie toelaat dat regtehouers wat 'n visvangreg verkoop of op enige wyse vervreem het, daardie kommersiële vissery onder 'n ander dekmantel betree nie.
Groepe C en D
In Groepe C en D -sektore word groot groepe identiese of soortgelyke aansoeke, geborg deur konsultante of kommersiële visvangmaatskappye en ander entiteite, as papierkwota-fronte uitgesluit. Oor die algemeen sal nie meer as een reg per kernfamilie toegeken word nie. Van aansoekers mag verwag word om hulle verwantskap tot aansoekers in ander kommersiële sektore bekend te maak. Indien meer as een persoon per huishouding om 'n reg aansoek doen kan al die aansoeke van die familie uitgesluit word, tensy die aansoekers duidelik en oortuigend bewys dat hulle klein aparte kommersiële ondernemings gevestig het.
Toekomstige regtehouers
Na die langtermyn regtetoekenningsproses sal die Departement probeer om die regte van papierkwota-regtehouers in te trek deur artikel 28 van die Wet toe te pas of na 'n hersieningsproses. Die Departement sal, as 'n reël, visvangregte van deelnemers wat dit nie gebruik nie, intrek.
Die Departement is ten gunste van waardetoevoeging tot vis wat geoes is, omdat dit werkskepping stimuleer. Waardetoevoeging kan in aanmerking kom waar geleenthede bestaan. Die Departement verstaan as "waardetoevoeging" daardie insiatiewe wat die maksimum kommersiële waarde by die gelande vis voeg, ongeag of daardie waarde op die Suid-Afrikaanse of internasionale markte behaal word. Belegging in sodanige waardetoevoegingsinisiatiewe sal beloon word veral in die Groepe A en B visserye.
Daar mag verder van aansoekers verwag word om te bewys dat hulle deel is van 'n waardeketting geleë in Suid-Afrika, indien dit bestaan.
Verder mag 'n persentasie TTV in sommige sektore opsygesit word om nywerheidsdiversifiteit en ondernemingsontwikkeling te bevorder. Dit word behandel in die sektor-bepaalde beleidsdokumente.
Werkskepping n Belangrike doelwit van langtermyn regtetoekenning is om die bedryf te stabiliseer om 'n ongewing te skep wat werkskeppingsvriendelik is. Die Departement is voornemes dat meer werk van gehalte in die visvangbedryf geskep moet word.
Werksgeleenthede deur bestaande regtehouers verskaf en veral die vermeerdering daarvan, as gevolg van medium-termyn regtetoekenning, sal minstens in Groepe A en B beloon word. Die Departement verkies permanente bo seisoenale werkskepping en seisoenale oor kontrakwerk. Werksomstandighede in fabrieke op land en op vaartuie sal ook in aanmerking kom..
Waar in Groepe C en D bewys word dat seisoenale of deeltydse werk in hierdie sektore geskep word mag die aansoeker punte kry. Sektore Groep C en D visserye word hoofsaaklik bestem om vissers in die tweede ekonomie te ondersteun wat die potensiaal het om na die eerste ekonomie te beweeg.
Afhanklikheid en deelname aan boord
Die hoofdoel by toekenning van regte in Groepe C en D bedrywe is om individue in staat te stel om klein kommersiële ondernemings en voltydse beroepe vir hulleself te vestig.
Daarom word in die meeste Groepe C en D visserye verwag dat die aansoeker finansieel afhanklik is van die inkomste gegenereer, deur die visvangbedrywigheid en dat die regtehouer in sy persoonlike hoedanigheid aktief deelneem aan die vang of oes van die hulpbron. Die regtehouer se "deelname aan boord" sal in die meeste Groepe C en D bedrywe vereis word. Slegs aansoekers wat nie kan deelneem nie as gevolg van permanente fisiese ongeskiktheid, sal van hierdie vereiste vrygestel word. Vroue-aansoekers sal nie vrygestel word van die vereiste om aan boord deel te neem nie.
Bestaande regtehouer sal afhanklikheid deur middel van geldstate moet bewys. Potensiële nuwe inkomelinge moet bewys lewer van afhanklikheid deur hulle historiese betrokkenheid by die sektor aan te toon.
Plaaslike ekonomiese ontwikkeling en geografiese regverdigheid
By die toekenning van regte in sommige sektore sal die Departement probeer om die landing van vangste in vissershawens buite die metropolitaanse gebiede aan te moedig om plaaslike ekonomiese ontwikkeling te bevorder. Dit is nie moontlik om hierdie doelwit in alle sektore te bereik nie. Waar moontlik, word die manier om plaaslike ekonomiese ontwikkeling aan te moedig in die Vissery-spesifieke beleidsdokumente hanteer. Om te voorkom dat 'n vissersgemeenskap onopsetlik in die toekenningsproses oor die hoof gesien word, mag die Departement landingsplek as punte-of valbyl-kriteria gebruik. Verder mag die Departement mettertyd beleidsrigtings en 'n stel heffingskonsessies ontwikkel wat regtehouers aanmoedig om vis in hawens wat besonder ekonomies onder druk is, te land en / of te prosesseer.
Waar moontlik, sal die Departement probeer om visvangregte eweredig langs die Suid-Afrikaanse kuslyn toe te ken.
Vaartuie en visvangwerking
Vaartuie
Elke aansoeker in Groep A, Groep B en Groep C visserye moet 'n reg tot toegang of besit van 'n vaartuig geskik vir die oes van daardie bepaalde vissoort of -soorte aantoon. Alle vaartuie moet vooraf by die Departement geregistreer word en einde as vangsvaartuig genomineer te word.
n Geskikte vaartuig word in elk van die Vissery-spesifieke beleidsdokumente omskrywe, maar die minimum vereistes vir geskiktheid is:
Van 'n Suid-Afrikaanse vlag voorsien (tensy 'n uitsondering gemaak word in 'n vissery-beleid);
Toegerus is met 'n goedgekeurde en funksionerende vaartuigmoniteringstelsel (VMS)
Geregistreer deur die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsorganisasie as synde geskik vir visvang; en
Nie op enige streeks-of internasionale swartlys verskyn nie.
Regtehouers met vaartuie in eie (vol of deels) besit op enige swartlys, sal nie vir visvangregte in aanmerking kom nie. Persone wat sodanige vaartuie vir gebruik in kommersiële visvangbedryf nomineer sal ook uitgesluit word.
Huidige regtehouers wat nie in vaartuigmoniteringstelsels belê het nie word sterk aangeraai om dit sonder versuim te doen.
Die Departement vereis dat aansoekers vir kommersiële visvangregte die genomineerde vaartuie waarvoor hulle om die reg aansoek gedoen het, gebruik. Verandering van vaartuig sal slegs in gepaste omstandighede toegelaat word.
Visvangpoging
Die Departement is verplig om ingevolge die WMLH mariene lewende hulpbronne te bewaar en om voorsorgbenaderings by die bestuur en gebruik van hierdie hulpbronne toe te pas. 'n Sleutelelement by bestuur en bewaring van mariene hulpbronne is die beperking van ontplooide visvangpoging om die optimum gebruik van die hulpbronne te verseker.
Die Departement is gewoonlik gekant teen enige verdere verhoging van vaartuigpoging. Oor-kapasiteit van vaartuie word beskou as een van die grootste bedreigings vir Suid-Afrikaanse visvoorraad. Dit plaas ook bykomende laste op die Departement ten opsigte van monitering en wetstoepassing en bestuur van die bronontginning. Onderworpe aan Vissery-spesifieke beleid word gesametlike en kruis-sektorale gebruik van vaartuie aangemoedig. Dit sal meer doeltreffende en effektiewe gebruik van vaartuie dwarsdeur die seisoen tot gevolg hê.
Aan die ander kant word erken dat ouer vaartuie vervang moet word om onder andere veiligheidsredes. Modernisering van die vloot het onvermydelik tot gevolg dat vangskapasiteit verhoog word. Waar nodig, sal perke op poging ingestel word..
Veiligheid van personeel en bemanning
Veiligheid van bemanning op die see is 'n bron van groot kommer vir die Departement. Gevolglik moet aansoekers bewys dat hulle voldoen het aan die regulerende vereistes van die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsorganisasie, veral aan die Diverse Wysigingsregulasies van 2004 uitgevaardig ingevolge die Handelskeepvaartwet, 57 van 1951.
Verder moet aansoekers bewys dat hulle voldoen aan die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 en die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes, 1993. Aansoekers word verder herinner aan die Departement se direktief dat maatskappye 'n MIV/VIGS-beleid moet aanneem en mag vereis dat dit aan die 2005-aansoeke geheg word.
Byvangstempering en verminderingsmaatreëls en storting
Onderworpe aan die uitsonderings in die Vissery-spesifieke beleidsdokumente, ondersteun die Departement slegs geteikende visserye. Daar word erken dat in sommige bedrywe byvangste onvermydelik is en aanvaarde deel van die vangs uitmaak. Die Departement sal voortgaan om beleidsrigtings te ontwikkel wat verbeterde beraming en bestuur van byvangspesies verseker. Waar dit wenslik is om 'n nuwe vissery in te stel wat tans as byvangs hanteer word, sal die Departement dit doen (bv rooi-oog).
Die Departement beskou dus vermindering en tempering van byvangste as 'n belangrike oorweging. Die Departement is veral gekant teen die teikening van byvangstespesies. Byvangste moet verminder en onvermybare byvangste moet geland word. Regtehouers wat gevang word dat hulle vis stort mag onderwerp word aan herroepingsprosedures ingevolge artikel 28.
Die Departement is besig om 'n breedvoerige bestuurplan oor byvangste op te stel. By die bepaling van byvangstempering en verminderingsmaatreëls sal die Departement oorweeg of die maatreël vir 'n vissery geskik met verwysing van die aard van die vissery; die koste-implikasies om enige besondere toestel of temperingstrategie te vereis; plaaslike en buitelandse vergelykende kennis; en insette van plaaslike vissers en hulle rol by die ontwikkeling van sodanige strategieë (indien van toepassing).
Totdat sodanige besluite geneem word moedig die Departement maatreëls aan om onopsetlike byvangste van seevoëls, haaie, mariene sogdiere, jong vis en verskeie kwesbare of bedreigde mariene spesies te minimaliseer. In hierdie verband versoek die Departement verskeie visvangsektore ernstig om mitigasie-toestelle te gebruik soos die torilyn (mitigasie van voëlbyvangste vir langlyners) ontsnappings-of uitsluitingsapparaat vir treilsektore (ontsnapping van jong vis en moontlik mariene soogdiere) asook bepaalde maasgroottes om die retensie van jong vis in treilnette te beperk. Verder veroordeel die Departement die stort van vis en opsetlike teikening van byvangspesies. Die Departement sal verder tyd-en ruimtelike sluiting vir visvang oorweeg waar nodig om broeivoorraad en broeigebied te beskerm.
Omgewingsvolhoubare praktyke
Visserye wat deur onafhanklike internasionale sertifikaatprogramme soos die Marine Stewardship Council erken word, wat op 'n omgewingsvolhoubare wyse bestuur word sal deur die Departement verkies word vir toekenning van langtermyn visvangregte vir langer as 15 jaar.
Die Departement sal erkenning gee aan visvangoperasies wat omgewingsvolhoubare praktyke begin het, daarin belê of navorsing daarin gesteun het. Die Departement het veral die volgende kwessies geïdentifiseer vir meer aandag:
Die instel van energie-en brandstofvermiinderingsmeganismes in fabrieke en op vaartuie;
Vermindering van byvangste en voëlmortaliteit;
Vermindering van ligbesoedeling;
Minimalisering van ballaswateruitlate, en ander vorms van seebesoedeling.
Aasvisserye
Die Departement sal nie kommersiële regte vir aas-insameling toeken nie. Die enigste uitsondering hiervan is in die witmosselsektor wat steeds besig is om 'n kommersiële lewensvatbare mark vir menslike gebruik te ontwikkel.
Dwarssnydende beleid aangaande kwantumtoekennings
Kwantumbesluite word gewoonlik apart en onafhanklik van regtetoekenning geneem. Oorwegings van toepassing op regtetoekenning is egter ook oorwegend op kwantumbesluite van toepassing. In hierdie deel van die beleid word bykomende oorwegings van toepassing op kwantumbesluite uiteengesit.
Groepe A en B
In Groep A en B sal suksesvolle aansoekers 'n proporsionele hoeveelheid (persentasie) van die TTV (nie tonnemaat nie) of die TOV (vispoging) ontvang.
Bestaande regtehouers se aanvangspunt vir die toekenning van kwantum of poging is die suksesvolle aansoeker se medium-termyn toekenning. 'n Persentasie van hierdie toekenning sal afgetrek en herversprei word op grond van 'n kwantum-puntestelsel, wat nie noodwendig soos die regtetoekenning-puntestelsel gelaai word nie. Byvoorbeeld, meer klem mag op transformasie, lewensvatbaarheid en prestasiepunte geplaas word om kwantumbesluite te neem as vir regtetoekenning.
Ongeag of puntetoekenning die basis van regtetoekenning is, is die Departement voornemens om lae kwantumvlakke te verhoog, om meer lewensvatbare besigheidsentiteite te skep.
Groepe C en D
Suksesvolle aansoekers in hierdie sektore sal 'n vasgestelde hoeveelheid kilogram van die Totale Toelaatbare Vangs (TTV) of 'n deel van die Totale Ontplooide (TOV) toegeken word. Hierdie hoeveelheid is nie noodwendig dieselfde in elke sone of TURF nie maar elke suksesvolle aansoeker in dieselfde sone of TURF sal dieselfde hoeveelheid toegeken word.
Hierdie hoeveelheid sal nie vir die tydsduur van die reg verander word nie tensy die voorraad ineenstort.
Kwantum wat na appèlle gelaat word sal nie noodwendig proporsioneel verdeel word nie. In sommige sektore sal die orige kwantum toegeken word om transformasie, lewensvatbaarheid en konsolidasie te bevorder.
Verhogings in die TTV sal nie noodwendig proporsioneel toegeken word nie. Daar mag tydens die toekenningproses vasgestel word dat 'n groter persentasie van die verhoging (tot by 'n sekere maksimum tonnemaat) aan regtehouers met klein kwantumhoeveelhede toegeken word veral in sektore waar kleiner regtehouers meer tot die transformasie van die sektor bydra as die groter regtehouers.
Ten opsigte van TOV verhogings, (vaartuig of bemanningstal) mag die Departement verkies om meer inkomelinge in die bedryf toe te laat.
Ondernemingsontwikkeling
Soos hierbo genoem mag binne sekere sektore 'n hoeveelheid opsygesit word vir toekenning met die doel om die bedryf te diversifiseer en ondernemings te ontwikkel.
DEEL D: OORWEGINGS NA TOEKENNINGS
In hierdie deel word 'n aantal beleidsoorwegings na toekenning in breë aangespreek. Hoewel hierdie beleidsrigtings nie regstreeks op die langtermyn regtetoekenningsproses toegepas word nie, is dit nodig om hulle in die Algemene Beleid in te sluit om potensiële aansoekers oor die Departement se bestuursvoornemens na afloop van die regtetoekenningsproses in te lig.
Die Departement is besig om geleidelike veranderings aan te bring aan die bestuur en regulering van Suid-Afrika se kommersiële visserye, deur na 'n stelsel te beweeg waar regtehouers, visvanggemeenskappe en ander betrokke insethouers mede-bestuurders van die visserye word.
Volgens hierdie benadering sal bestuur van die kommersiële bedryf nie slegs by die Departement berus nie. Verantwoordelikheid sal met regtehouers gedeel word en waar van toepassing met die kusgemeenskappe wat van kommersiële visvang vir hulle bestaan en voorspoed afhanklik is. 'n Besondere toepassing van die benadering, die Territoriale Gebruikersreg-visvangbedryf (TGRV) is as stelsel by die perlemoenbedryf ingestel Die Departement oorweeg om dieselfde beginsel in sommige van die ander bedrywe, soos Stokvis-handlyn, Weskus-kreef (kuslyn), Oesters, Witmossels en netvissery toe te pas.
In die groter kommersiële bedrywe sal die Departement nader werksverhoudings met erkende bedryfsliggame nastreef, om groter beleggingsvlakke in vissery-navorsing, bestuur en wetsgehoorsaamheid te fasiliteer.
Om mede-bestuur te fasiliteer is Vissery-spesifieke bestuurswerksgroepe in die meeste visvangsektore in die lewe geroep. Verskeie bedryfsliggame, organisasies en verenigings wat regtehouers verteenwoordig word in hierdie werkgroepe verteenwoordig. Die funksie van die bestuurswerkgroepe is om alle kwessies oor die bestuur van 'n bepaalde hulpbron of hulpbronne te bespreek, insluitende permitvoorwaardes, geslote seisoene, beperkte gebiede, daarstelling en wysiging van sektorale bestuursplanne, wetsgehoorsaamheid en vaartuigbeperkings. Vir die groter kommersiële visserye beoog die Departement ook om sy biologiese en wetensskaplike navorsingsverpligtings oor visvoorraad en die uitwerking van visvang op die ekosisteme met visvangsektore deur middel van die werkgroepe en ander gepaste meganismes, te deel.
Artikel 8 van die WMLH bepaal dat die Minister met kennisgewing in die Staatskoerant "aan enige bedryfsliggaam of belangegroep in 'n vertakking van die visbedryf wat na die oordeel van die Minister verteenwoordigend is van die spesifieke liggaam of groep, erkenning verleen". Die Departement is voornemens om hierdie artikel te gebruik om werksverhoudings met die visvangbedryf te formaliseer. 'n Konsepbeleid aangaande Erkende Bedryfsliggame (EBL) sal beskikbaar gestel word. 'n Vergadering sal dan met die Minister en Bedryfsliggame gereël word, waar die Minister met die bedryfsliggame oorleg sal pleeg oor die kriteria vir erkenning. Die kriteria sal dan aangeneem en gepubliseer word. Bedryfsliggame wat nie voldoen aan die kriteria nie sal nie deur die Departement erken word nie..
In die toekoms sal die Departement met insethouers in die visvangbedryf deur middel van 'n aantal formele kanale konsulteer en kommunikeer, insluitende geskrewe beleid, konsultasie met vissers in kusgemeenskappe en konsultasie met erkende bedryfssliggame (erken ingevolge artikel 8 van die wet). Waar erkende bedryfsliggame bestaan mag die Departement verkies om slegs via die erkende bedryfsliggaam te kommunikeer. Die Departement sal vereis dat regtehouers met die Departement konsulteer slegs via hulle erkende bedryfsliggaam.
Heffings en kosteherwinning n Heffings is 'n vasgestelde bedrag wat regtehouers van kommersiële visvangregte per eenheid vis geland betaal en word dus aan die waarde van die landings geskakel. Heffings word tans ingestel ingevolge artikel 29 van die Wet op Seevisserye, 12 van 1988.
Tans word inkomste van heffings gebruik om sommige koste te herwin wat die Departement by die bestuur van hulpbronne (insluitende wetsnakoming-en navorsingskoste) aangaan. Aansoek-, permit-en lisensiegelde word gebruik om administratiewe koste by die prosessering van aansoeke, permitte en lisensies en die uitreik van permitte en lisensies te dek.
Na die toekenningsproses sal die Departement die vatbaarheid ondersoek om 'n stelsel in te bring waarvolgens heffings vooraf of met maandelikse paaiemente betaal word op die basis van die proporsie van Totale Toelaatbare Vangs toegeken (nie geland nie). Die Departement het ook voorstelle gevra om 'n volledige kosteherwinningstelsel vir die bestuur van kommersiële visserye in te stel
Waarnemerprogram
Aan-boord en kusgebaseerde waarnemerprogramme is noodsaaklik om die volhoubare en opgetekende oes visvoorraad soos deur die wet, beleid en permitvoorwaardes vereis, te verseker. Die Departement se huidige waarnemerprogram fokus op aan-boord-en kusgebaseerde wetenskaplike monitering en verslagdoening. Die Departement sal die huidige program uitbrei om monitering en verslagdoening rakende wetsgehoorsaamheid in te sluit. Daar word beoog om waarnemerdekking geleidelik uit te brei na soveel kommersiële bedrywe as wat prakties moontlik is. Daar word ook beoog om nuwe metodes soos kameras aan boord te bring om wetsgehoorsaamheid te verseker.
Die Departement sal die koste van bestuur en implementering van die waarnemerprogram na regtehouers afwentel. Besonderhede verskyn in die toepaslike visvangsektore se beleidsdokumente. Verdere besonderhede oor die koste van waarnemerprogramme na regtehouers in bepaalde bedrywe sal in die Staatskoerant gepubliseer word, soos en indien nodig.
Die Departement sal vereis dat alle visvangvaartuie te alle tye op see waarnemers aan boord sal dra, indien dit verlang word.
Aansoeke om visvangregte oor te dra word behandel ingevolge artikel 21 van die WMLH wat voorsiening maak daarvoor dat visvangregte oorgedra mag word onderworpe aan goedkeuring en die voorwaardes wat die Minister of sy/haar gemagtigde mag oplê.
Die posisie met die oordrag van visvangregte na die toekenning van medium-termyn visvangregte is uiteengesit in Goewermentskennisgewing 1771 van 27 Julie 2001. Hierdie beleid is van toepassing totdat dit na die toekenning van langtermyn visvangregte vervang word. In die verlede is die oordrag van kommersiële visvangregte in die volgende omstandighede goedgekeur:
By die dood, ontbinding, sekwestrasie of likwidasie van die regtehouer;
Om transformasie te bevorder;
Om die aantal regtehouers in 'n bedryf te konsolideer;
Om doeltreffendheid in 'n bedryf te verbeter.
Nadat langtermyn regte toegeken is, sal die Departement slegs die oordrag van kommersiële visvangregte toelaat, in die eerste derde van die tydsduur waarvoor die regte toegeken is, om een van die redes hierbo genoem. "Venstertydperke" vir die ordelike oordrag van regte mag op bedryfsbasis geskep word, om transformasie en konsolidasie te bevorder, waar nuwe inkomelinge toegelaat mag word en bestaande regtehouers toegelaat word om te konsolideer.
n Aansoek om regte oor te dra moet ingedien word ongeag die rede daarvoor. 'n Regtehouer mag 'n visvangreg wil oordra, of mag om verskeie redes uit die visvangbedryf wil uittree, soos die herstrukturering van korporatiewe entiteite, afskaling van nie-kernbedrywighede, en in geval van individue, die verkoop van die reg of fisiese ongeskiktheid of dood. In al hierdie gevalle moet 'n aansoek om regte oor te dra ingedien word.
In omstandighede waar die lede van 'n beslote korporasie of aandeelhouers in 'n maatskappy sommige of al hulle belange of aandele vervreem, maar die visvangregte bly by dieselfde regsentiteit, hoef goedkeuring vir die oordrag van daardie regte nie gevra te word nie. Die Departement is egter van mening dat enige oordrag van aandele of lidmaatskapsbelange wat 'n verandering aan beheer oor 'n regspersoon (of trust) wat 'n visvangreg hou, tot gevolg het, goedkeuring vereis. Dit sal omseiling van artikel 21 van die WMLH verhoed. In die geval van 'n gelyste openbare maatskappy moet goedkeuring verleen word wanneer meer as 35% van die aandele verkoop word.
Soos hierbo in die Algemene Beleid beskrywe is die Departement verbind tot die uitskakeling van sogenaamde papierkwota's. In toekomstige regtetoekenning sal aansoekers om regte noukeurig ondersoek word om vas te stel of hulle voorheen vir oordrag van regte aansoek gedoen het. Dit sal die risiko minimaliseer van die toekenning van visvangregte aan persone wat tevore regte gehad en sodanige regte verkoop of oorgedra het.
Gebruik van voertuie in die kussone
Regtehouers wat die gebruik vaan 'n voertuig in die kussone benodig om 'n visvangaktiwiteit doeltreffend uit te voer moet vir 'n permit aansoek doen ingevolge die toepaslike Regulasies. Regtehouers word aangeraai om die riglyne vir die implementering van Regulasies in verband met die beheer van voertuie in die kussone, 2004 te raadpleeg. Die regulasies en die riglyne is by die Departement beskikbaar (Hoofdirektoraat: Wetsgehoorsaamheid by visserye) of by die webblad www.mcm-deat.gov.za. 'n Permitfooi van R500 is van toepassing en die permit sal uitgereik word as geldig vir die tydsduur van die kommersiële visvangreg.
Mariene beskermde gebiede en visserybestuursgebiede
Mariene beskermde gebiede
Die Minister van Omgewingsake en Toerisme het 'n aantal Mariene beskermde gebiede aangekondig wat ongeveer 20% van die Suid-Afrikaanse kuslyn beskerm. Die Minister en die Departement is voornemens om die bestek van mariene gebiede wat teen visvang beskerm word van die huidige 1% tot die internasionaal bepaalde 20% teen 2015 uit te brei..
Die Departement beskou mariene beskermde gebiede as belangrike toevlugsoord vir vissoorte wat onder buitengewone visvangdruk verkeer. Teenswoordig sluit hierdie vissoorte meer as 50 spesies lynvis en perlemoen in.
Mariene beskermde gebiede word ook erken as belangrike werktuie om onwettige, onaangemelde en ongereguleerde visvang te bestry.
Visserbestuursgebiede
Artikel 15 van die Wet op Mariene Lewende Hulpbronne maak voorsiening vir die verklaring van vissery-bestuursgebiede om 'n bedryf te bewaar, te bestuur en te ontwikkel. Die Departement erken dat verklaring van vissery-bestuursgebiede 'n verdere werktuig is om oorvleueling tussen mededingende visserye doeltreffend te bestuur en sodoende gebruikerskonflik te verminder.
Wetsnakoming en kennisgewings ingevolge artikel 28
Die Departement het ook belê in monitering-, beheer-en waarnemerstoerusting (MBW), insluitende die jongste vaartuigmonitering-en posisioneringstelsels. Die Departement het ook die dienste van toegewyde forensiese ouditdeskundiges en gespesialiseerde vissery-aanklaers bekom.
In die volgende drie jaar sal die Departement fokus op voorkoming van oortredings en self-regulering. Hierdie inisiatief word ingestel met streng monitering van prestasie, gereelde en ad hoc forensiese ouditering, samewerking met ander regulerende agentskappe soos die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde, en strenger afdwinging van sanksies, insluitende die herroeping of opskorting van regte ooreenkomstig die bepalings van artikel 28 van die WMLH. Die Departement het alreeds verskeie begripsooreenkomste aangegaan met nasionale en internasionale sleutelagentskappe op die gebied van regulerende wetstoepassing, om inligting uit te ruil en die uitvoer en invoer van visprodukte te moniteer.
Die Departement sal kennisgewings ingevolge artikel 28 van die Wet uitreik onder alle omstandighede waar die Departement van mening is dat 'n beduidende oortreding van enige bepaling van die WMLH, die regulasies of permitvoorwaardes, begaan is. Ingevolge artikel 28 van die Wet sal administratiewe optrede soos kansellering, herroeping of opskorting van visvangregte of permitte plaasvind in alle omstandighede wat die volhoubaarheid van enige vissoort bedreig.
Wanneer 'n visvangreg toegeken is en die regtehouer vervolgens versuim om enige fooi of heffing opgelê ingevolge die toepaslike wetgewing te betaal, sal die Departement nie huiwer om 'n kennisgewing ingevolge artikel 28 van die WMLH uit te reik nie.
